Soek Resultate - "#Covid19SA"

Vryheidsdag sonder vryheid kan die ware betekenis van die begrip tuisbring

2020-04-27
Die Redaksie

"Dit is ironies om vandag Vryheidsdag sonder baie vryhede te gedenk. Dit kan egter daartoe bydra om die ware betekenis van die begrip onder die mense van Suid-Afrika tuis te bring, in besonder hoe belangrik vryheid werklik is," sê dr. Pieter Groenewald, VF Plus-leier.

"Die breë beleid... Lees verder


Skole, universiteite en kolleges wat kan, moet so vinnig moontlik heropen

2020-04-29
Dr. Wynand Boshoff

Planne om die totale onderwys- en opvoedingsektor in Suid-Afrika geleidelik te heropen, is verlede week deur die departement van hoër onderwys en vandag deur die departement van basiese onderwys bekend gemaak. Die VF Plus beywer hom daarvoor dat formele opvoeding so gou as wat medies... Lees verder


Skole, universiteite en kolleges wat kan, moet so vinnig moontlik heropen

2020-04-29
Die Redaksie

"Planne om die totale onderwys- en opvoedingsektor in Suid-Afrika geleidelik te heropen, is verlede week deur die departement van hoër onderwys en vandag deur die departement van basiese onderwys bekend gemaak. Die VF Plus beywer hom daarvoor dat formele opvoeding so gou as wat medies... Lees verder


Verteenwoordigers van die VF Plus in Mpumalanga sal nie bydra tot die ANC se solidariteitsfonds nie

2020-04-29
Mnr. Werner Weber

Die VF Plus in Mpumalanga het sy raadslede opdrag gegee om nie 'n deel van hul salaris by te dra tot die ANC-regering se solidariteitsfonds solank as wat ras hulpverlening bepaal nie.

Munisipale raadslede in Mpumalanga is gevra om 4% van hul salaris vir die volgende drie maande te skenk as bydrae... Lees verder


Verslapping van Covid-19-regulasies tot Vlak Vier skep die indruk dat regering onseker is oor optrede en geen vertroue het in die samewerking van die publiek nie

2020-04-30
Dr Pieter Groenewald

Net soos wat die regering ʼn verantwoordelikheid gehad het om inperkingsregulasies in te stel om die verspreiding van die koronavirus te keer, net so het hy nou die verantwoordelikheid om die inperking op ʼn sinvolle wyse te lig om die ekonomie weer te ontsluit.

Die inperking het reeds sy doel... Lees verder


Skandalig hoe mense in kwarantyngebiede moet tuisgaan

2020-04-30
Die Redaksie

"Die VF Plus spreek sy skok en afgryse uit oor die haglike kwarantyn-omstandighede waaronder mense wat vanaf buurstate in Suid-Afrika aankom, vir veertien dae moet tuisgaan," sê Philip van Staden, VF Plus-LP en hoofwoordwoerder van gesondheid.

"Dit is niks minder nie as skandalig hoe die... Lees verder


Eiendom en sake-ondernemings in Gauteng moet beskerm word

2020-04-30
Kobus Hoffman

Die VF Plus in Gauteng doen ‘n dringende beroep op die polisie en LUR vir gemeenskapsveiligheid, Faith Mazibuko, om sake-ondernemings te beskerm teen toenemende plundery.

Die polisie en weermag kan ook nie langer toekyk terwyl misdadigers winkels wat tydens die inperkingstyd gesluit is,... Lees verder


VF Plus wys minister van handel en nywerheid op noodsaak van nuwe beleidsrigtings

2020-05-01
Die Redaksie

"Die VF Plus het die minister van handel en nywerheid, Ebrahim Patel, vandag tydens ‘n portefeuljekomitee-vergadering gewys op die noodsaak vir die implementering van nuwe beleidsrigtings om die Suid-Afrikaanse ekonomie en handel te stimuleer," sê Jaco Mulder, VF Plus-LP en... Lees verder


Rooi ligte flikker oor staat wat magsdronk word

2020-05-02
Dr Pieter Groenewald

Die ANC se poging om in sekere provinsies totale beheer uit te oefen oor alle voedselhulp en die verspreiding daarvan, is totaal onaanvaarbaar. Die regering wil hom nou die reg toe-eien om skenkers voor te skryf wie gehelp mag word met hul skenkings en wie nie.

Daar was in die laaste weke talle... Lees verder


Lesufi se sentralisering van voedselhulp in Gauteng immoreel en waarskynlik ongrondwetlik

2020-05-02
Adv Anton Alberts

Die waarnemende LUR van maatskaplike ontwikkeling in Gauteng, Panyasa Lesufi, se riglyne wat daarop gerig is om voedselhulp in die provinsie onder sy administrasie te sentraliseer, is volgens die VF Plus ongrondwetlik.

Benewens die feit dat daar twyfel bestaan of die nasionale regulasies uitgereik ... Lees verder


« 1 2 3 4 5 ... 12 13 »