Soek Resultate - "#Covid19SouthAfrica"

Verlengde inperking – nou tyd vir Suid-Afrikaners om deursettingsvermoë te wys

2020-04-09
Dr Pieter Groenewald

Die omvang van die Covid-19 bedreiging vir Suid-Afrika en die wêreld het gelei tot ‘n verlengde inperkingsperiode tot die einde van April. Die VF Plus doen ‘n ernstige beroep op alle Suid-Afrikaners om daaraan gehoor te gee, saam te werk tot almal se gemeenskaplike voordeel en om... Lees verder


VF Plus versoek dringende ekonomiese beleidsverandering om groei te stimuleer

2020-04-11
Jaco Mulder

Die verlenging van die nasionale inperkingstyd met ‘n verdere twee weke gaan onafwendbaar lei tot die opdroog van kontantvloei, die tot stilstand koming van die ekonomie met onafwendbare groeiende werkloosheid, hongersnood en maatskaplike- en politieke spanning as gevolg.

Die regering sal... Lees verder


Buurt- en plaaswagte moet dringend toegelaat word om weer te funksioneer

2020-04-14
Dr Pieter Groenewald

Die kommerwekkende toename in misdaad maak dit ‘n saak van dringendheid om buurt- en plaaswagte toe te laat om weer normaalweg te begin funksioneer om die polisie se hand te sterk in die bestryding van misdaad.

Die VF Plus het vandag hierdie versoek in ʼn skrywe aan president Cyril Ramaphosa... Lees verder


Brei die WVF se kapasiteit uit, vra VF Plus

2020-04-14
Heloïse Denner

Die nood onder werklose mense in Suid-Afrika en die wat weens die nasionale inperking nie kan werk en ‘n salaris verdien nie is besig om kritieke afmetings aan te neem. Die werkloosheidsversekeringsfonds (WVF), hoewel oorval met eise en navrae, moet in hierdie tyd deursigtig en reaktief... Lees verder


VF Plus-voorstelle oor veranderinge aan nasionale Covid-19-inperkingsregulasies

2020-04-15
Dr Pieter Groenewald

Die nasionale inperkingsperiode om die verspreiding van die Covid-19-virus te keer, het ʼn groot uitwerking op die mense van Suid-Afrika en op die land se ekonomiese voortbestaan.

Die infeksiekoers van Covid-19 moet hokgeslaan word terwyl daar op ‘n verantwoordelike en innoverende wyse meer... Lees verder


VF Plus stem saam met geleidelike verslapping van inperkingsregulasies, maar wetstoepassers se vertolking daarvan bly kommerwekkend

2020-04-16
Dr Pieter Groenewald

Die VF Plus stem saam dat daar ‘n geleidelike verslapping van inperkingsregulasies moet wees alhoewel dit nie heeltemal duidelik is watter regulasies wel verslap word nie aangesien dit by herhaling geblyk het dit wat die regering sê en dit wat toegepas word, nie noodwendig dieselfde is... Lees verder


Toestande by Noordwes se Covid-19 isolasie-eenheid onaanvaarbaar

2020-04-18
Die Redaksie

Die VF Plus is bekommerd oor die welstand van die persone wat deur Noordwes se departement van gesondheid in gedwonge isolasie geplaas is by die Klerksdorp / Tshepong-hospitaalkompleks in Klerksdorp.

Verskeie klagtes is ontvang oor die swak en ongekontroleerde toestand waarin die mense in isolasie ... Lees verder


Onwettige bepaling oor bereide voedsel vervang met ‘n irrasionele bepaling

2020-04-20
Jaco Mulder

Die minister van samewerkende regering en tradisionele aangeleenthede (Cogta), Nkosazana Dlamini-Zuma, het vandag met die wysiging van ‘n inpekingsregulasie die verkoop van warm kos of bereide voedsel tydens die inperkingstyd uitdruklik verbied en daardeur ‘n onwettige bepaling bloot... Lees verder


Duidelikheid moet gegee word oor kwarantyn-geriewe

2020-04-20
Philip van Staden

Daar sal dringend meer duidelikheid gegee moet word oor kwarantyn-geriewe wat beskikbaar gestel is vir die Covid-19-tydperk sodat lede van die parlement, provinsiale wetgewers en munisipale raadslede hul oorsigrol hieroor effektief kan uitvoer met die nodige voorsorgmaatreëls om ook nie self... Lees verder


Plaasaanval in Limpopo: VF Plus bekommerd oor toename in aanvalle

2020-04-20
Marcelle Maritz

Die VF Plus in Limpopo is bekommerd oor plaasaanvalle en -moorde gedurende die inperkingstydperk nadat mev. Joekie Nortjé (82) en haar seun Johan (62) net na 7:00 vanoggend deur vier verdagtes oorval is op hul plaas Nooitgedacht buite Louis Trichardt in Limpopo.

Dit is die tweede aanval op... Lees verder


« 1 2 3 4 5 ... 17 18 »