Soek Resultate - "#Covid19SouthAfrica"

Geld uit infrastruktuurfonds vir skole vir Covid-19-benodigdhede gebruik – spoedige regstelling noodsaaklik

2020-05-05
Dr. Wynand Boshoff

Miljarde rande van die departement van basiese onderwys se infrastruktuurfonds is gebruik om noodsaaklikhede in die bestryding van Covid-19 aan te koop.

Dit blyk uit 'n opmerking van die direkteur-generaal van basiese onderwys, Hubert Mweli, tydens die gesamentlike sitting van die... Lees verder


VF Plus loods fonds as teenvoeter vir Swart Ekonomiese Bemagtiging (SEB)

2020-05-07
Dr Pieter Groenewald

Die VF Plus het vandag ‘n omvattende projek as teenvoeter vir Swart Ekonomiese Bemagtiging (SEB) bekendgestel.

Die projek behels onder andere 'n fonds wat hulp bied aan klein sake-ondernemings wat weens SEB-vereistes nie staatshulp ontvang nie.

Die VF Plus-jeug het ook as deel van die... Lees verder


ANC-provinsiale adjunkspeaker se geheimsinnige aflewering van kospakkies – ‘n misleiding in ‘n tyd van wanhoop

2020-05-07
Mnr. Werner Weber

Die VF Plus beklemtoon opnuut sy teenkanting teen die regering se sogenaamde ‘Solidarity Fund’ nadat 'n video op sosiale media aan die lig gekom het wat wys hoe werknemers van die regering se uitgebreide openbare werke-program kospakkies vanaf ʼn vragmotor aflaai by die woning wat glo... Lees verder


VF Plus plaas druk op munisipaliteit van Matlosana (Stilfontein) om voort te gaan met dienslewering en om onnodige en onwillige werkers af te lê

2020-05-07
Mnr. Michal Groenewald

Terwyl afleggings en werkloosheid miljoene mense in die gesig staar vanweë die vernietigende effek van die Covid-19-inperkings op Suid-Afrika se ekonomie, het belangrike dienste op Stilfontein tot ʼn stilstand gekom omdat werkers staak.

Munisipale werkers wat onderhoudsdienste moet lewer, is... Lees verder


Lesufi se reaksie dat hy wil saamwerk met nie-regeringsorganisasies rakende voedselhulp is ‘n stap in die regte rigting

2020-05-07
Adv Anton Alberts

Luidens mediaberigte het Panyaza Lesufi, waarnemende Gautengse LUR vir maatskaplike ontwikkeling, aangedui dat die werk van nie-regeringsorganisasies onontbeerlik is en dat hy graag in gesprek wil tree om 'n middelgrond te vind.

Dit kom nadat die VF Plus in 'n skrywe aan premier David Makhura... Lees verder


ANC wys dubbele standaarde met Covid-19-pamflette wat virus kan versprei

2020-05-08
Armand Cloete

Die verspreiding van Covid-19-inligtingspamflette wat opsigself die gevaar van die verspreiding van die virus skep, wys die regering het ‘n wanpersepsie oor verantwoordelike regering of gee voor om verantwoordelik op te tree, maar doen dit met dubbele standaarde en ‘n verskuilde agenda.

... Lees verder

Parool aan 19 000 gevangenis ondermyn die strafregstelsel

2020-05-08
Dr Pieter Groenewald

Die VF Plus aanvaar nie die beginsel dat gevangenis vrygelaat word weens die oorbevolking van gevangenisse nie aangesien dit die strafregstelsel ondermyn. Die minister van justisie en korrektiewe dienste, Ronald Lamola, het vandag aangekondig dat 19 000 gevangenes op vroeë parool vrygelaat... Lees verder


Munisipaliteite moet fokus op herstrukturering en dissipline van oorlaaide personeelstrukture om effektiewe en betroubare dienslewering te verseker

2020-05-09
Mnr. Michal Groenewald

Gemeenskappe in Noordwes gaan reeds geruime tyd gebuk onder swak dienslewering en die verval van basiese infrastruktuur weens wanadministrasie en wydverspreide korrupsie

Hierdie situasie het reeds gelei tot gereelde voorvalle van gemeenskapsonrus wat verdere ontwrigting veroorsaak het en plaaslike ... Lees verder


Video van wetstoepassers wat kleuter klaarblyklik in hegtenis wil neem skok: VF Plus vra president vir optrede teen beamptes

2020-05-11
Dr Pieter Groenewald

Die VF Plus het vandag onmiddellik met die kantoor van president Cyril Ramaphosa in verbinding getree en beeldmateriaal aan hom gestuur nadat ʼn skokkende video op sosiale media verskyn het waar wetstoepassingsbeamptes van die KwaDukuza-munisipaliteit oënskynlik probeer om ʼn kleuter in hegtenis ... Lees verder


Ekurhuleni-metroraad tree ongrondwetlik op deur alle besluitnemingsmagte aan die stadsbestuurder en burgemeester oor te dra

2020-05-12
Jennifer Glover

Die VF Plus het die Ekurhuleni-metroraad gemaan om gehoor te gee aan die Rampbestuurswet en om nie alle uitvoerende magte gedurende die staat van inperking aan die stadsbestuurder en burgemeester oor te dra nie.

In opdrag van die speaker van Ekurhuleni, Patricia Kumalo, is raadslede in kennis... Lees verder


« 1 2 3 4 5 6 ... 17 18 »