Soek Resultate - "#Covid19SouthAfrica"

Korona: Publiek kan help om skade te beperk

2020-03-18
Dr Pieter Groenewald

Die koronavirus is ʼn gemeenskaplike vyand wat alle Suid-Afrikaners bedreig en daar moet daadwerklik hande gevat word om die skade daarvan te beperk.

Die VF Plus verwelkom daarom die oop en eerlike wyse waarop die regering die plaaslike omvang van die koronavirus-pandemie met opposisiepartye... Lees verder


Totale inperking: Tyd vir saamstaan in groot krisisuur het aangebreek

2020-03-23
Dr Pieter Groenewald

Die aankondiging van president Cyril Ramaphosa van ‘n nasionale inperking van die vryheid van beweging van mense in Suid-Afrika, is ‘n drastiese stap, maar die Covid 19-virus vereis drastiese stappe om ‘n rampspoedige verspreiding van die virus te voorkom.

Die weermag se toetrede ... Lees verder


Korona: Onsekerheid oor regulasies onaanvaarbaar en kan lei tot vrees en paniek

2020-03-24
Dr Pieter Groenewald

Die VF Plus verwelkom die inperking van beweging om die verdere verspreiding van die koronavirus te voorkom, maar die oponthoud met betrekking tot die publikasie van die regulasies wat die inperking duidelik uiteen sit, is onaanvaarbaar en kan lei tot verwarring en paniek.

Absolute duidelikheid... Lees verder


Landwye inperking van beweging beëindig dalk sommige studente se akademiese jaar

2020-03-24
Dr. Wynand Boshoff

Die inperking van beweging in Suid-Afrika wat president Cyril Ramaphosa op 23 Maart aangekondig het, beëindig heel moontlik die akademiese jaar van talle studente. Universiteite in Suid-Afrika het die akademiese jaar stormagtig afgeskop, met slegs agt uit 26 universiteite wat geen ontwrigting... Lees verder


Skort invordering van mynbou-tantième en koolstofbelasting op tot na krisis – VF Plus versoek om werkgewers te help

2020-03-25
Dr. Wynand Boshoff

Die maatreëls wat die minister van mineraal- en energiesake, mnr. Gwede Mantashe, rakende die komende korona-inperkings aangekondig het, is grootliks sinvol. Mynbou word nie opgeskort nie, omdat sekere aanlegte eenvoudig nie gesluit kan word nie.

Verder gaan die lewering van steenkool aan... Lees verder


Nasionale inperkings: Onduidelikhede in regulasies skep verwarring en lei tot konflik

2020-03-27
Dr Pieter Groenewald

Daar is steeds talle onsekerhede rondom sekere aspekte aangaande regulasies om die verspreiding van die koronavirus te beperk en die VF Plus sal help om antwoorde in dié verband te vind. Die regulasies bevat baie grys areas wat ruimte vir verskillende vertolkings skep.

Veral die regulasies... Lees verder


Pligte van munisipaliteite tydens die nasionale inperking

2020-03-27
Mnr. Michal Groenewald

Die nasionale departement van samewerkende regering het ʼn skrywe uitgereik rakende die pligte van munisipaliteite tydens die nasionale inperking en die lewering van noodsaaklike dienste. Die VF Plus wil hierdie belangrike inligting met die publiek deel.

Munisipale dienste wat as noodsaaklike... Lees verder


Moody’s: Afgradering lank op kaarte weens ANC-beleid en wanbestuur van fiskus

2020-03-28
Wouter Wessels

Moody’s se afgradering van Suid-Afrika na rommelstatus kon nie op ʼn slegter tyd gekom het nie, maar dit was lank reeds te wagte vanweë die ANC-regering se jarelange wanbestuur van die fiskus en ʼn gebrek aan fiskale dissipline onderliggend aan ʼn afbrekende ekonomiese beleid.

Daar is... Lees verder


VF Plus-Emfuleni deel duisend liter ontsmettingsmiddel uit aan huisgesinne in Vanderbijlpark

2020-03-30
Gerda Senekal

Die VF Plus in die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit het ‘n dag voor die nasionale inperking ontsmettingsmiddels aan 300 huisgesinne in Vanderbijlpark voorsien.

Die duisend liter hand- en oppervlakreiniger is deur ʼn plaaslike onderneming Value Cleaner aan die VF Plus geskenk vir die... Lees verder


VF Plus-leier, dr. Pieter Groenewald, toets negatief vir Covid-19

2020-04-02
Dr Pieter Groenewald

Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, is negatief getoets vir die korona-virus. Dr. Groenewald is gister getoets en het die uitslag vandag ontvang.

Die toets is onder meer laat doen nadat dr. Groenewald op 18 Maart op ʼn vergadering van politieke leiers in kontak was met eerwaarde Kenneth... Lees verder


« 1 2 3 4 5 ... 7 8 »