Soek Resultate - "#Level4"

Risiko-analitiese-benadering van president Ramaphosa in lyn met VF Plus se voorstelle oor opheffing van inperking, maar groter duidelikheid rondom vlak vier nou dringend nodig

2020-04-23
Dr Pieter Groenewald

Die risiko-analitiese-benadering wat president Cyril Ramaphosa volg om die Covid-19-inperkingsregulasies op te hef, is die regte optrede, maar dit is nou van die grootste belang om so gou en so deeglik as moontlik die detail rondom vlak vier bekend te maak om die onlangse verwarring rakende... Lees verder


Vryheidsdag sonder vryheid kan die ware betekenis van die begrip tuisbring

2020-04-27
Dr Pieter Groenewald

Dit is ironies om vandag Vryheidsdag sonder baie vryhede te gedenk. Dit kan egter daartoe bydra om die ware betekenis van die begrip onder die mense van Suid-Afrika tuis te bring, in besonder hoe belangrik vryheid werklik is.

Die breë beleid van die regering soos swart ekonomiese bemagtiging... Lees verder


Skole, universiteite en kolleges wat kan, moet so vinnig moontlik heropen

2020-04-29
Dr. Wynand Boshoff

Planne om die totale onderwys- en opvoedingsektor in Suid-Afrika geleidelik te heropen, is verlede week deur die departement van hoër onderwys en vandag deur die departement van basiese onderwys bekend gemaak. Die VF Plus beywer hom daarvoor dat formele opvoeding so gou as wat medies... Lees verder


Verslapping van Covid-19-regulasies tot Vlak Vier skep die indruk dat regering onseker is oor optrede en geen vertroue het in die samewerking van die publiek nie

2020-04-30
Dr Pieter Groenewald

Net soos wat die regering ʼn verantwoordelikheid gehad het om inperkingsregulasies in te stel om die verspreiding van die koronavirus te keer, net so het hy nou die verantwoordelikheid om die inperking op ʼn sinvolle wyse te lig om die ekonomie weer te ontsluit.

Die inperking het reeds sy doel... Lees verder


Regering sal moet luister na medici en wetenskaplikes oor inperkings en Covid-19

2020-05-18
Philip van Staden

Die minister van gesondheid, Zweli Mkhize, en die regering sal moet begin luister na medici en wetenskaplikes oor die Covid-19-inperkings.

Verskeie medici en wetenskaplikes, wat op Mkhize se advieskomitee dien, het die afgelope naweek in die media erken dat die inperkings geen doel meer dien nie... Lees verder


Grendelstaat: Premier verkeerd oor Bloemfontein – die ekonomie moet ontsluit

2020-05-19
Jan van Niekerk

Die Vrystaatse premier, Sisi Ntombela, meen die Mangaung-metro moet op Inperkingsvlak Vier bly en nie na 'n laer vlak afbeweeg nie. Die premier is oningelig en tree onverantwoordelik op tot nadeel van die Vrystaat en in besonder die inwoners van Bloemfontein.

Die premier verwys na die aantal... Lees verder


Infasering van laer inperkingsvlakke in Gauteng vind te stadig plaas

2020-05-20
Adv Anton Alberts

Die VF Plus neem kennis dat die premier van Gauteng, David Makhura, die provinsie se inperkingsvlak in geheel wil verlaag na Vlak Drie, maar dink nie dis genoeg om Gauteng se ekonomie te red en hongersnood te voorkom nie. 

Die premier moes meer druk op die nasionale regering geplaas het om te ... Lees verder


Vinnig verslegtende maatskaplike situasie in Suid-Afrika neem ernstige afmetings aan

2020-05-21
Mnr. Michal Groenewald

Die VF Plus is bekommerd oor die vinnig verslegtende sosio-ekonomiese situasie in Suid-Afrika. Die negatiewe impak van die Covid-19-inperkings op gemeenskappe regoor die land begin nou ernstige afmetings aanneem.

Die Covid-19-regulasies, asook die afwykende en soms onsinnige toepassing daarvan,... Lees verder


Gautengse onderwysdepartemet onderneem om die Covid-19-veiligheidsprotokol oop te maak vir openbare deelname na VF Plus-versoek

2020-05-21
Adv Anton Alberts

Die VF Plus het die Gautengse onderwysdepartement suksesvol versoek om die beplande COVID-19-veiligheidsprotokol vir die heropening van skole op 1 Junie, vir openbare deelname vry te stel. 

Die versoek is vandag gerig tydens ‘n virtuele onderwyskomitee-vergadering van die... Lees verder