Soek Resultate - "AdvAntonAlberts"

ANC hou publiek aan die raai oor e-tol

2019-10-30
Adv Anton Alberts

Die ANC-regering hou die publiek steeds aan die raai oor die moontlike afskaffing van e-tol met die enigste versekering dat maatreëls verskerp gaan word om agterstallige e-tol-skuld in te vorder.

Die ANC skep sodoende groot verwarring oor die aangeleentheid en is besig om kiesers te mislei.... Lees verder


Lesufi se registrasiestelsel in werklikheid bedoel om Afrikaans te vernietig: VF Plus-klag aan OB

2019-11-05
Adv Anton Alberts

Die VF Plus het vandag ʼn klag by die openbare beskermer (OB) ingedien wat dui op sinistere motiewe agter die sentrale aanlynregistrasiestelsel van die Gautengse onderwysdepartement onder LUR Panyaza Lesufi met die uitsluitlike doel om Afrikaans in skole in dié provinsie te vernietig.

(Sien... Lees verder


E-tol: Premier Makhura weet steeds nie wanneer nasionale regering gaan besluit nie

2019-11-26
Adv Anton Alberts

Die VF Plus het vandag in die Gautengse wetgewer deur mondelinge vrae en antwoorde vasgestel die ANC is steeds nie seker wanneer daar uitsluitsel gaan kom van die nasionale regering se paneel oor e-tol nie.

Premier David Makhura het vandag aan die VF Plus bevestig dat die Gautengse ANC steeds ten... Lees verder


Ten spyte van vele beloftes het Lesufi nie alle leerlinge geplaas vir volgende jaar nie

2019-12-02
Adv Anton Alberts

Die VF Plus is nie verbaas om te verneem dat die Gautengse LUR vir onderwys, Panyaza Lesufi, nie daarin kon slaag om alle leerlinge vir die 2020-skooljaar te plaas nie.

Volgens ‘n twiet wat Lesufi self gestuur het oor die naweek, het hy aangedui dat daar meer as 400 kinders is wat nog nie... Lees verder


Lesufi: Skole wat vol is, se taalbeleid is veilig

2019-12-03
Adv Anton Alberts

Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, het vandag op ‘n vraag van die VF Plus tydens ‘n sitting van die Gautengse wetgewer bevestig dat skole wat vol is, se taalbeleid gerespekteer sal word. Hierdie bevestiging van Lesufi kom natuurlik in weerwil van sy eie poging om Afrikaanse... Lees verder


Lesufi se noodlyn vir seksueel geteisterde leerlinge werk nie

2019-12-03
Adv Anton Alberts

Die Gautengse LUR vir onderwys, Panyaza Lesufi, het vandag tydens ‘n vraesessie in die Gautengse wetgewer aangedui dié departement het ‘n toegewyde noodnommer geskep vir leerlinge wat seksueel misbruik word – maar die nommer werk nie.

Die VF Plus het die nommer, 080 0555... Lees verder


VF Plus bekommerd oor algemene administrasie van Gautengse onderwysdepartement

2019-12-04
Adv Anton Alberts

Die VF Plus is uiters bekommerd oor die algemene administrasie van die Gautengse onderwysdepartement.

Een van die probleme is die uitgawebestuur soos onderstreep in die Ouditeur-generaal se verslag vir die 2018/19 finansiële jaar.

Onreëlmatige besteding en onderbesteding word groter in... Lees verder


Lesufi se aanlyn-plasingstelsel vir skole skep chaos en moet afgeskaf word

2020-01-13
Adv Anton Alberts

Die VF Plus eis dat die Gautengse aanlyn-plasingstelsel vir skole onmiddellik afgeskaf moet word. Daar is tans steeds duisende Gautengse leerlinge wat nog nie geplaas is nie weens die geweldige administratiewe rompslomp wat geskep is deur die Gautengse LUR vir onderwys, Panyaza Lesufi se... Lees verder


VF Plus in Gauteng doen ‘n beroep op alle ouers met plasingsprobleme by skole om die party te kontak om hulp

2020-01-15
Adv Anton Alberts

Die VF Plus in Gauteng nooi alle ouers wat probleme ondervind met die plasing van leerlinge in openbare skole om die party dadelik te kontak om hulp.

Die LUR vir onderwys in Gauteng, Panyaza Lesufi, het erken dat die departement van onderwys steeds onsuksesvol is om 'n groot aantal leerlinge te... Lees verder


Gekombineerde Skool Cullinan: Lesufi minag weer die regte van Afrikaanstalige gemeenskappe

2020-01-28
Adv Anton Alberts

Dis duidelik dat Panzaya Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, voortgaan met sy aanvalle teen die Afrikaanssprekende gemeenskap nadat hy Afrikaans by die Gekombineerde Skool in Cullinan afgeskaf het.

Volgens die Gautengse departement van onderwys is daar besluit om die onderrig van Afrikaans af te... Lees verder


« 1 2 3 4 5 »