Soek Resultate - "AmandaDeLange"

Rooi ligte flikker vir Gauteng-wetgewer se e-regering na ouditeur-generaal se bevindinge oor onreëlmatige uitgawes

2021-03-09
Me. Amanda de Lange

Rooi ligte flikker vir die Gauteng-wetgewer se e-regeringsdepartement nadat die ouditeur-generaal (OG) bevind het R354 miljoen is onreëlmatig bestee op uitgawes met betrekking tot die Gauteng Breëband Netwerk-projek (GBN-projek), e-posdienste en sekuriteit.

Dit is ironies dat hierdie... Lees verder


Internasionale Vrouedag: Herbesin oor geestesgesondheid van vroue in die werkplek

2021-03-10
Me. Amanda de Lange

Herbesin oor die geestesgesondheid van vroue in die werkplek. Dit was die pleidooi van die VF Plus in Gauteng tydens Internasionale Vrouedag.

Vroue met moontlike geestesgesondheidsprobleme swyg dikwels hieroor aangesien hulle glo daar kleef ‘n stigma daaraan en word sodoende ontmoedig om... Lees verder


Gauteng se 2021/22-begroting gaan sinkende munisipaliteite nie red

2021-03-15
Me. Amanda de Lange

Die Gautengse LUR vir finansies, Nomantu Nkomo-Ralehoko, se teleurstellende 2021/22-begrotingstoespraak skiet ver tekort aan oplossings om brandpunte in die provinsie aan te spreek.

Die LUR se versuim om met oplossings vorendag te kom om kritieke probleme in die provinsie te behandel, is ‘n... Lees verder


ANC het plaaslike regering in Gauteng gebreek

2021-03-23
Me. Amanda de Lange

(Debat in Gauteng-wetgewer oor departement van samewerkende regering en tradisionele sake se 2019/20-jaarverslag)

Die VF Plus het die Gautengse ANC-regering daarvan beskuldig dat hy plaaslike regering in die provinsie gebreek het tydens die debat oor die departement van samewerkende regering en... Lees verder


Gautengse premier wil meerderheidsgroepe bevoordeel terwyl minderhede ly

2021-03-30
Me. Amanda de Lange

Die Gautengse premier, David Makhura, se uitlating gedurende sy begrotingstoespraak dat die provinsie op swart ekonomiese ontwikkeling gaan fokus, is onverantwoordelik en getuig van sy onbetrokkenheid by minderheidsgroepe.

Die provinsie se ekonomiese beleid en ander programme moet op die breë ... Lees verder


Ondersoek rookverklikkers en brandkrane by alle provinsiale hospitale in Gauteng

2021-04-19
Me. Amanda de Lange

Die VF Plus het die Gautengse LUR vir gesondheid, dr. Nomathemba Mokgethi, versoek om ‘n volledige verslag aan die wetgewer se portefeuljekomitee vir gesondheid voor te lê oor die oorsake van die brand wat Vrydagmiddag by die Charlotte Maxeke-hospitaal uitgebreek het voordat die... Lees verder


VF Plus verwelkom bevindinge van ondersoek na Rand West-munisipaliteit en eis sterk optrede teen skuldiges

2021-04-22
Me. Amanda de Lange

Die VF Plus eis die afdanking van die Rand West-plaaslike munisipaliteit (Randfontein, Westonaria) se munisipale bestuurder, Temba Goba, die burgemeester, Brenda Mahuma en die speaker van die raad, Violet Mzondeki, na die verdoemende bevindinge van senior adv. William Mokhare in sy ondersoek na... Lees verder


VF Plus wil weet oor vermorsing van belastinggeld op onsuksesvolle landbou-projekte in Gauteng

2021-05-05
Me. Amanda de Lange

Die vermorsing van belastinggeld op onsuksesvolle landbou-projekte in Gauteng, kan nie langer geduld word nie en daarom het die VF Plus die Gautengse LUR vir landbou en landelike ontwikkeling, Parks Tau, gevra waarom die Gautengse regering nie ingegryp het by die totale agteruitgang van die... Lees verder


VF Plus en AfriForum vat hande om slaggate in Tarlton, Krugersdorp te herstel

2021-05-18
Me. Amanda de Lange

Die VF Plus en AfriForum het twee weke gelede hande gevat en afgeskop met ‘n gesamentlike projek om slaggate te herstel in Tarlton aan die Wes-Rand. Dié ‘Tarlton-projek’ het begin met die herstel van slaggate in Du Toitstraat wat as verbindingsroete tot die N14/R24 dien.

... Lees verder

VF Plus verwelkom inhegtenisname van drie voormalige amptenare van Wes-Randse distriksmunisipaliteit oor VBS-skandaal

2021-06-30
Me. Amanda de Lange

Die VF Plus verwelkom die inhegtenisneming van drie voormalige amptenare van die Wes-Randse distriksmunisipaliteit in verband met beleggings wat die munisipaliteit in die omstrede VBS Mutual Bank gemaak het.

Die Valke het die voormalige munisipale bestuurder, Moroashike David Mokoena, die... Lees verder


« 1 2 3 4 5 »