Soek Resultate - "Covid19"

Debat in parlement: Oop grense skep groot gevaar vir uitgebreide verspreiding van koronavirus in Suid-Afrika

2020-03-05
Philip van Staden

Die eerste geval van die koronavirus is nou in Suid-Afrika aangemeld. Boonop lê die land se grense met sy buurlande oop en dit skep ʼn groot gevaar vir uitgebreide plaaslike verspreiding van dié dodelik virus wat teen gister wêreldwyd reeds die lewe van 3221 mense geëis het.

... Lees verder

Suid-Afrika se lae sakevertroue-indeks verder geknou deur koronavirus

2020-03-11
Jaco Mulder

Die Suid-Afrikaanse regering se onvermoë om noodsaaklike ekonomiese hervorming deur te voer, het die sakevertroue in die land se ekonomie verder laat daal.

Volgens die Rand Aksepbank (RAB) en die Buro vir Ekonomiese Ondersoek (BEO) se indeks vir die eerste kwartaal van 2020, het sakevertroue... Lees verder


Stimuluspakket – ‘n stap in die regte rigting, maar baie vrae ontstaan

2020-04-22
Die Redaksie

"Die ekonomiese stimuluspakket wat president Ramaphosa aangekondig het, is 'n stap in die regte rigting," sê dr. Pieter Groenewald, VF Plus-leier.

"Daar is sekere aspekte van die stimuluspakket waarvan die detail ontbreek en die VF Plus is van mening dat die betaling van nuut-aangewysde... Lees verder


Risiko-analitiese-benadering van president Ramaphosa in lyn met VF Plus se voorstelle oor opheffing van inperking, maar groter duidelikheid rondom vlak vier nou dringend nodig

2020-04-23
Die Redaksie

"Die risiko-analitiese-benadering wat president Cyril Ramaphosa volg om die Covid-19-inperkingsregulasies op te hef, is die regte optrede, maar dit is nou van die grootste belang om so gou en so deeglik as moontlik die detail rondom vlak vier bekend te maak om die onlangse verwarring rakende... Lees verder


Verslapping van Covid-19-regulasies tot Vlak Vier skep die indruk dat regering onseker is oor optrede en geen vertroue het in die samewerking van die publiek nie

2020-04-30
Die Redaksie

"Net soos wat die regering ʼn verantwoordelikheid gehad het om inperkingsregulasies in te stel om die verspreiding van die koronavirus te keer, net so het hy nou die verantwoordelikheid om die inperking op ʼn sinvolle wyse te lig om die ekonomie weer te ontsluit," sê dr. Pieter Groenewald, VF... Lees verder


Rooi ligte flikker oor staat wat magsdronk word

2020-05-02
Die Redaksie

"Die ANC se poging om in sekere provinsies totale beheer uit te oefen oor alle voedselhulp en die verspreiding daarvan, is totaal onaanvaarbaar. Die regering wil hom nou die reg toe-eien om skenkers voor te skryf wie gehelp mag word met hul skenkings en wie nie," sê dr. Pieter Groenewald, VF... Lees verder


Rooi ligte flikker met gesentraliseerde bouprogram vir hoër onderwys

2020-05-15
Die Redaksie

"Die VF Plus is skepties oor die ANC-regering se jongste poging om grootskaalse uitgawes te sentraliseer. Dit volg op die minister van hoër onderwys, dr. Blade Nzimande, se aankondiging dat infrastruktuurontwikkeling, veral vir die huisvesting van studente, gesentraliseer gaan word," sê... Lees verder


Minister van handel en nywerheid moet verantwoordbaar wees

2020-05-22
Die Redaksie

"Die VF Plus dring daarop aan dat die minister vir handel, nywerheid en mededinging, Ebrahim Patel, meer verantwoordbaar moet wees deur gereeld voor die parlement se portefeuljekomitee vir handel en nywerheid te verskyn," sê Jaco Mulder, VF Plus-LP en hoofwoordvoerder van handel, nywerheid en ... Lees verder