Soek Resultate - "DévarSmit"

ANC in die Vrystaat het opgegee met Masilonyana – laat inwoners in die steek

2019-11-14
Dévar Smit

Dit het vandag aan die lig gekom dat die provinsiale administrasie waaronder die Vrystaatse Masilonyana-plaaslike munisipaliteit (Brandfort, Soutpan, Theunissen, Verkeerdevlei, Winburg) in 2017 geplaas is, sedert 30 September beëindig is. Dit maak nie sin nie aangesien die munisipaliteit... Lees verder


Kabeldiefstal in Vrystaatse munisipaliteite bron tot kommer

2020-02-17
Dévar Smit

Die VF Plus in die Vrystaat het ‘n brief gerig aan die minister van polisie, Bheki Cele en die minister van samewerkende regering, Nkosazana Dlamini-Zuma, waarin hulle versoek word om dringend in te gryp by die toenemende probleem van kabeldiefstal in die provinsie.

Daar is verlede week op... Lees verder


Vrystaatse regering moet oplossings vind vir agterstallige munisipale skuld

2020-02-17
Dévar Smit

Die geskeduleerde kragonderbrekings wat die Letsemeng-plaaslike munisipaliteit (Koffiefontein, Luckhoff, Petrusburg, Jacobsdal) gaan ervaar as gevolg van die munisipaliteit se wanbetaling en mislukking om sy agterstallige skuld aan Eskom te vereffen, is tot nadeel van die ekonomie van hierdie... Lees verder


Plaasaanval beklemtoon noodsaaklikheid van gemeenskapsveiligheidsnetwerke

2020-03-04
Jan van Niekerk

Die jongste plaasaanval in die Vrystaat op ‘n bejaarde vrou van Verkykerskop in die Vrystaat beklemtoon die noodsaaklikheid vir meer effektiewe landelike beveiliging, effektiewe plaaslike veiligheidsnetwerke en goeie samewerking met die polisie.

Jan van Niekerk, VF Plus-provinsiale leier in... Lees verder


Vrystaat-begroting: Regering wys weereens verkeerde prioriteite

2020-03-05
Dévar Smit

Die LUR vir finansies in die Vrystaat, me. Gadija Brown, het min tot geen beweegruimte gehad om werklik ‘n provinsiale begroting ter tafel te lê wat die provinsiale tekortkominge effektief sal aanspreek nie.

Weens die resessie waarin Suid-Afrika verkeer, is die ekonomiese koek kleiner... Lees verder


Bloemwater wil watertoevoer verminder te midde van korona-pandemie

2020-03-17
Dévar Smit

Aan die hand van die aankondiging deur Bloemwater om watervoorsiening aan die Mangaung-metro-munisipaliteit te verminder vanaf 10 April 2020, eis die VF Plus dringende optrede om dié beplande watervermindering te staak.

Sonder die nodige watervoorsiening sal inwoners van die metro nie in... Lees verder


Vrystaat se finansiële posisie al hoe meer wankelrig weens swak bestuur

2020-05-28
Dévar Smit

Midde in die huidige swak ekonomiese omstandighede in die Vrystaat, is dit onaanvaarbaar dat die provinsie fondse verbeur weens die provinsiale regering se swak beplanning en finansiële bestuur.

Die toekenning van fondse aan die Vrystaat volgens die Wysigingswet op die Verdeling van Inkomste... Lees verder


Agteruitgang van Vrystaat-munisipaliteite toegeskryf aan ANC-onbevoegdheid

2020-06-25
Dévar Smit

Volgens die Ouditeur-Generaal (OG) se verslag vir die 2018/2019-boekjaar is die gevolge van die kultuur van korrupsie- en wanbestuur van die ANC-regering duidelik sigbaar in die Vrystaat.

Die OG is van mening dat die Vrystaatse munisipaliteite swak vaar weens die ‘doelbewuste gebrek aan... Lees verder


Vrystaatse regering oorsaak dat landbouers nie enige droogtehulp sal ontvang nie

2020-06-29
Dévar Smit

Vrystaatse landbouers sal nie droogtehulp in terme van die nasionale ramptoestand ontvang nie omdat die Vrystaatse regering versuim het om ‘n sakeplan ter aansoek van hierdie fondse in te dien.

Provinsiale regerings het tot en met 5 Junie 2020 die geleentheid gehad om sakeplanne in te dien... Lees verder


Departement van openbare werke dra by tot Mangaung-verval

2020-06-30
Dévar Smit

Die VF Plus het onlangs drie munisipale rekeninge van die Vrystaat se departement van openbare werke onder oë gehad. Dié departement is met sowat R191 728 op slegs een van sy eiendomme agterstallig.

Die departement se totale skuld aan die munisipaliteit van die Mangaung-metro maak deel ... Lees verder


« 1 2 »