Soek Resultate - "Droogte"

Wetgewing oor droogtehulp moet aangepas word om effektief te wees

2019-10-24
Tammy Breedt

Langdurige droogtetoestande raak toenemend ʼn deel van die landboutoneel in Suid-Afrika en tot dusver is droogtehulp nie effektief nie aangesien wetgewing in die verband nie tred hou met die dringendheid van ernstige droogtesituasies nie.

Die VF Plus besef die noodsaaklikheid van tydige ingryping... Lees verder


President ontwyk vrae oor daadwerklike hulp soos tariefbeskerming aan boere

2019-10-31
Wouter Wessels

Vrae van die VF Plus aan pres. Cyril Ramaphosa oor daadwerklike en onmiddellike hulp aan boere soos tariefbeskerming, het ‘n vae en ontwykende antwoord ontlok wat geen vertroue inboesem oor die regering se begrip vir die erns van die krisis waarin landbouers verkeer nie.

Die VF Plus het die... Lees verder


Vrystaat-droogte: ANC self die sondebok

2019-11-04
Armand Cloete

Die Vrystaatse premier, Sisi Ntombela, se versoek om hulp aan Gift of the Givers wys dat die ANC nie regtig weet wat die omvang van die provinsie se waterkrisis is nie.

Die VF Plus verwelkom enige versoek om hulp aan die droogtegeteisterde Vrystaat, maar is daarvan oortuig dat die ANC-self die... Lees verder


Statistiek skets skokkende omvang van land se droogtekrisis

2019-11-13
Mnr. Fanie du Toit

Die skrikwekkende omvang en uitwerking van die langdurige droogte in Suid-Afrika word duidelik geïllustreer deur die feit dat die land se melkboere afgeneem het van 3 561 in Januarie 2009 tot die huidige 1 228. Dit wys dat meer as 2 300 melkboere hoofsaaklik weens die droogte handdoek moes... Lees verder


Elke huis moet ‘n water-opgaartenk hê

2019-11-14
Mnr. Piet Mey

(Debat in parlement: Suid-Afrika se groeiende waterkrisis)

 

Die ou gesegde dat die volgende wêreldoorlog nie oor beleidsverskille of grondgebied gevoer gaan word nie maar oor water, is welbekend. Ewe belangrik is die feit dat water nie hergebruik kan word as daar niks meer oor is nie. ... Lees verder


Statistiek skets skokkende omvang van land se droogtekrisis

2019-11-14
Die Redaksie

"Die skrikwekkende omvang en uitwerking van die langdurige droogte in Suid-Afrika word duidelik geïllustreer deur die feit dat die land se melkboere afgeneem het van 3 561 in Januarie 2009 tot die huidige 1 228. Dit wys dat meer as 2 300 melkboere hoofsaaklik weens die droogte handdoek moes... Lees verder


VF Plus vra dringende vergadering met landbou-LUR van Limpopo oor bek-en-klouseer en droogte in die provinsie

2019-11-25
Marcelle Maritz

Die VF Plus het ‘n skrywe aan die LUR vir landbou in Limpopo, Nandi Ndalan, gerig en ‘n dringende vergadering gevra om die uitbreek van bek-en-klouseer en die voortdurende droogte in die provinsie te bespreek en oplossings te vind.

Die party is diep bekommerd oor die uitbreek van... Lees verder


Antwoorde moet nou gevind word op waterkrisis

2019-11-27
Armand Cloete

Die interministeriële komitee op dienslewering moet sonder verwyl die impak van waterlekkasies en vermorsing by munisipaliteite ondersoek en oplossings op elke regeringsvlak vind om water te bespaar.

Dit is kritieke belang om nou daadwerklike antwoorde te vind op die droogte en waterskaarste... Lees verder


Water-“meesterplan” het geen begroting en is daarom nutteloos

2019-12-06
Mnr. Fanie du Toit

Hoe groter die waterkrisis in Suid-Afrika raak, hoe duideliker blyk die ANC se onvermoë om dié lewensbedreigende krisis te bestuur.

Die adjunkminister van water en sanitasie, David Mahlobo, het vandeesweek erken die meesterplan vir die aanpak van die waterkrisis in Suid-Afrika, soos... Lees verder


Infrastruktuur verval weens onderbesteding – streng riglyne word neergelê

2019-12-06
Die Redaksie

Die geselekteerde komitee oor begrotings oor die Wetsontwerp op die Aanpassingsbegroting het vandag ʼn verslag aanvaar wat streng riglyne neerlê om dienslewering en die effektiwiteit van sommige staatsdepartemente te verbeter wat droogtehulp aanbetref.

Dit volg nadat die VF Plus groot klem... Lees verder


« 1 2 »