Soek Resultate - "Gauteng"

Gauteng-munisipaliteite in die moeilikheid weens wanadministrasie, korrupsie en tekort aan senior personeel

2020-10-19
Me. Amanda de Lange

Die parlementêre portefeuljekomitee vir samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta) se kommer oor die algehele stand van munisipaliteite in Gauteng, kom as geen verrassing vir die VF Plus nie.

Die portefeuljekomitee het veral sy kommer uitgespreek oor die groot aantal ongevulde... Lees verder


Aarto se e-tolboetes kan dieselfde effek hê as ‘n tweede vlaag van Covid-19 in Gauteng

2020-10-27
Die Redaksie

"Die VF Plus verdoem die voorgestelde duur e-tolboetes in die nuutste Aarto-regulasies," sê adv. Anton Alberts, VF Plus-voorsitter en LPW in Gauteng.

"Die boetes kan dieselfde effek hê as 'n tweede vlaag van Covid-19 in Gauteng aangesien die hoofweë die ekonomiese lewensaar van... Lees verder


Vreemde Covid-19-uitgawes in Gautengse onderwysdepartement verdien ondersoek deur SOE

2020-11-09
Adv Anton Alberts

Die VF Plus is bekommerd oor Covid-19-verwante uitgawes wat die Gautengse departement van onderwys in September aangegaan het vir die reuse bedrag van R96 miljoen.

Hierdie bedrag is uitbetaal aan 28 verskillende diensverskaffers waarvan talle lyk of dit rakmaatskappy-name het en dus waarskynlik... Lees verder


Afname in sekere misdade in Gauteng is bemoedigend, maar die polisie moet fokus op toename in voertuigkapings en transito-rooftogte

2020-11-18
Kobus Hoffman

Die VF Plus vind die afname in sekere soorte misdaad in Gauteng bemoedigend, maar wil by die Gautengse provinsiale polisiekommissaris, lt.genl. Elias Mawela, weet wat sy planne is om die toename in voertuigkapings en transito-rooftogte te bekamp.

Die jongste misdaadstatistiek vir die derde... Lees verder


VF Plus versoek Gautengse polisiekommissaris om nuwe vuurwapenlisensie-aansoeke te skei en meer personeel beskikbaar te stel

2021-03-05
Kobus Hoffman

Die Gautengse polisiekommissaris, lt.genl. Elias Mawela, het die VF Plus se voorstel dat vuurwapenlisensie-aansoeke wat tydens die laaste amnestie-periode ingedien is, geskei moet word van nuwe vuurwapenlisiensie-aansoeke, gunstig ontvang.

Agterstallige administrasiewerk sal dus vinniger... Lees verder


Speurdienste in Gauteng se ondersoekwerk is nie op standaard

2021-03-10
Kobus Hoffman

Die VF Plus is bekommerd oor die swak suksessyfer van die polisie se Gautengse speurdiens weens tekortkominge in die ondersteuningstelsel wat speurders verhinder om hul werk behoorlik te doen.

Luidens die 2019-2021-misdaadverslag kon die speurdiens in Gauteng slegs 28.65% verdagtes opspoor wat aan ... Lees verder


Gautengse departement van ekonomiese ontwikkeling faal om gesonde groei-omgewing te skep

2021-03-25
Adv Anton Alberts

(Debat in Gauteng-wetgewer oor jaarverslag van Gautengse departement van ekonomiese ontwikkeling)

Die VF Plus beskou die Gautengse departement van ekonomiese ontwikkeling as van kardinale belang om 'n gesonde omgewing te skep vir ekonomiese groei, werkskepping en maatskaplike ontwikkeling. Daarom... Lees verder


Premier van Gauteng nooi VF Plus om party se ekonomiese herstelplan vir Gauteng aan hom voor te lê

2021-08-31
Adv Anton Alberts

Die VF Plus het vandag tydens 'n sitting van die Gautengse wetgewer 'n uitnodiging ontvang van die premier, David Makhura, om die party se eie ekonomiese herstelplan in reaksie op die Covid-19-pandemie, die grendelstaat en die onlangse onluste, aan hom voor te lê vir oorweging.

Die VF Plus... Lees verder


VF Plus versoek meer sigbare polisiëring op Gautengse paaie

2021-10-29
Kobus Hoffman

Die VF Plus het ʼn skrywe gerig aan die Gautengse LUR vir gemeenskapsveiligheid, Faith Masibuko, waarin sy versoek word om meer sigbare polisiëring op Gautengse paaie.

Die toename in wetteloosheid onder motoriste moet dadelik aandag kry en dit kan net gedoen word wanneer die verkeerspolisie... Lees verder


Inwoners van Gauteng uitgelewer aan die genade van misdadigers

2021-11-24
Kobus Hoffman

Inwoners van Gauteng is uitgelewer aan die genade van misdadigers soos blyk uit die polisie se jongste kwartaallikse misdaadstatistiek vir Julie tot September wat onlangs bekendgemaak is.

Die Gautengse polisiekommissaris, Lt.genl. Elias Mawela, kon nie tydens die bekendmaking van die provinsie se... Lees verder


« 1 ... 3 4 5 6 7 ... 109 110 »