Soek Resultate - "Kimberley"

SANW skend land se Grondwet met ontplooiing van troepe tydens ANC-verjaardagvieringe

2020-01-10
Dr Pieter Groenewald

Die ontplooiing van soldate van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) in Kimberley met die verjaardagvieringe van die ANC, is ongrondwetlik aangesien slegs die president toestemming kan verleen dat soldate saam met die polisie ontplooi kan word ingevolge Artikel 201 van die Grondwet.

... Lees verder

Sol Plaatje-munisipaliteit (Kimberley en omstreke) se munisipale bestuurder dalk onwettig in sy pos

2020-05-05
Kobus van den Berg

Kimberley, provinsiale hoofstad van die Noord-Kaap, is na twee jaar steeds sonder 'n permanente munisipale bestuurder. Soos wat die VF Plus in die Sol Plaatje-munisipale raad gewaarsku het, word die mees onlangse poging om 'n waarnemende munisipale bestuurder aan te wys, binnekort in die hof... Lees verder


Sol Plaatje se plan met rioolkrisis in Kimberley ‘n stap in die regte rigting

2020-09-30
Kobus van den Berg

Die Vryheidsfront Plus verwelkom die aanstelling van 'n kontrakteur vir die opgradering van die rioolpompstasie by Carter's Glen, aan die westekant van Kimberley. Weens onvoldoende infrastruktuur lek riool lank reeds hier uit en besoedel die omgewing van die Gariep Hospitaal. Inwoners worstel ook... Lees verder


Gedenkteken vir slagoffers van konsentrasiekampe in ere herstel – Kimberley se erfenis leef

2020-10-05
Kobus van den Berg

Die erfenis van Kimberley omvat die strewes en stryd van verskeie groepe, wat die geskiedenis van Suid-Afrika help bepaal het. Die VF Plus in Kimberley se fokus val vanjaar op die opofferings van Afrikanervroue en -kinders sowat 120 jaar gelede in konsentrasiekampe. Dit was tydens die... Lees verder


Staking by Sol Plaatje-munisipaliteit dalk laaste spyker in diens-doodskis

2020-10-14
Kobus van den Berg

'n Voortslepende staking by die Sol Plaatje-plaaslike munisipaliteit (Kimberley, Ritchie en die landelike gebied rondom) kan die laaste spyker in dié eens gesonde munisipaliteit se doodskis wees. Dit is omdat geslote kantore selfs inwoners wat wil betaal, daarvan weerhou.

Die begroting van... Lees verder


Kimberley-waterprobleme: Wanbetaling kortwiek proaktiewe optrede

2020-10-27
Kobus van den Berg

Die tegnologie bestaan om voorkomend op te tree teen frustrerende wateronderbrekings soos die afgelope vyf dae in Kimberley beleef word tydens werk wat gedoen word aan die hoofpyplyn wat dié stad van water voorsien.

Wanbetaling van gebruikers wat tot die huidige finansiële verknorsing... Lees verder


Sol Plaatje-munisipaliteit begin 2021 op verkeerde voet

2021-01-12
Kobus van den Berg

Die Sol Plaatje-plaaslike munisipaliteit, tuiste van Kimberley, die Noord-Kaapse hoofstad en omliggende landelike gebied, gaan reeds sedert 2018 onder krisisbestuur gebuk, en het reeds weer die jaar op die verkeerde voet begin.

Ná diensleweringsbetogings van ongekende omvang in die... Lees verder


Sol Plaatje se Eskom-krisis: Staat kan dit oplos deur rekeninge te betaal

2021-02-09
Kobus van den Berg

Dit is hoofsaaklik weens uitstaande staatskuld dat die Sol Plaatje-plaaslike munisipaliteit (Kimberley en omgewing) in die Noord-Kaap in ‘n geldelike verknorsing verkeer en nie sy rekening aan Eskom kan betaal nie. Verskeie staatsdepartemente is groot bedrae geld aan die munisipaliteit... Lees verder


Betogings oor skoolplasings: VF Plus wil weet wat die werklikheid in Kimberley-skole is

2021-02-18
Dr. Wynand Boshoff

Die brand van bande voor die Noord-Kaapse departement van onderwys se distrikskantoor in Kimberley, het beelde van 'n vorige era in Suid-Afrika se onderwysgeskiedenis opgeroep. Hierdie keer gaan dit egter nie oor "Liberation before Education" nie, maar oor wanbestuur dekades ná bevryding.

... Lees verder

Is Kimberley se water al so vuil dat visse straat toe vlug?

2021-02-24
Kobus van den Berg

Almal soek antwoorde oor die visse in Kimberley se strate. Vir die VF Plus sou dit nie vergesog klink indien die rede die stad se vuil water was waarvan die visse probeer ontvlug nie. Die munisipale bestuurder van die Sol Plaatjie-plaaslike munisipaliteit, Boy Dluwayo, pak op sy beurt die skuld op... Lees verder


« 1 2 »