Soek Resultate - "MarcelleMaritz"

Druk van VF Plus dwing ANC om ontslae te raak van Mogalakwena-burgemeester

2020-12-05
Marcelle Maritz

Die VF Plus in Limpopo is verheug oor die besluit van die ANC se provinsiale uitvoerende raad om ontslae te raak van die Mogalakwena-plaaslike munisipaliteit (Mokopane/Potgietersrus) se burgemeester, Andrina Matsemela, en hoop dat haar makkers spoedig ook die deur gewys word.

Die VF Plus het... Lees verder


VF Plus in Limpopo sal provinsiale regering dwing om op te tree teen munisipaliteite wat nie hul statutêre verpligtinge nakom nie

2021-02-10
Marcelle Maritz

Die VF Plus in Limpopo sal die provinsiale regering dwing om in gevolge wetgewing op te tree teen munisipaliteite in dié provinsie wat nie hul statutêre verpligtinge teenoor inwoners nakom nie.

Die VF Plus sal ook strafregtelike klagte indien teen munisipale amptenare wat hul wetlike... Lees verder


Premier van Limpopo gebruik Covid-19 as verskoning vir verval en korrupsie

2021-03-02
Marcelle Maritz

(Debat oor Limpopo-provinsiale rede)

Die premier van Limpopo, Stanley Mathabatha, leef in ʼn droomwêreld waar hy groot drome oor die toekoms droom terwyl hy Covid-19 voorhou as die rede vir die daaglikse korrupsie en agteruitgang van die provinsie.

Planne sonder optrede is waardeloos. Die... Lees verder


Inwoners van kleinhoewes by Bela-Bela al tien dae kragloos

2021-03-02
Marcelle Maritz

Die VF Plus het ‘n dringende skrywe gerig aan Limpopo se LUR vir samewerkende regering, menslike nedersettings en tradisionele sake (CoCHSTA), Basikopo Makamu, nadat die party geen reaksie uit die Bela-Bela-plaaslike munisipaliteit (Bela-Bela, Pienaarsrivier) kon kry oor die voortslepende... Lees verder


SOE ondersoek beweerde korrupsie en wanbestuur by Mogalakwena-munisipaliteit na volgehoue druk deur VF Plus

2021-03-09
Marcelle Maritz

Na ses jaar van volgehoue druk deur die VF Plus in Limpopo het pres. Cyril Ramaphosa ‘n proklamasie onderteken wat die spesiale ondersoekeenheid (SOE) magtig om beweerde korrupsie en wanadministrasie by die Mogalakwena-plaaslike munisipaliteit (Mokopane / Potgietersrus) te ondersoek en om... Lees verder


VF Plus vra ingryping om moontlike staking van gesondheidswerkers in Limpopo te keer

2021-03-30
Marcelle Maritz

Die VF Plus het vandag ‘n skrywe gestuur aan Limpopo se LUR vir gesondheid, dr. Phophi Ramathuba, om haar te versoek om dringend in te gryp om 'n moontlike staking deur gesondheidswerkers in Limpopo af te weer.

Met die uitbreek van ‘n moontlike derde vlaag Covid-19, kan daar nie... Lees verder


VF Plus eis streng optrede van LUR ná brand by hospitaal

2021-05-04
Marcelle Maritz

Die VF Plus in Limpopo eis dat Limpopo se LUR vir gesondheid, Phophi Ramatuba, streng optree oor die stand van hospitale in dié provinsie nadat daar in die vroeë oggendure ‘n brand ontstaan het by die FH Odendaal-hospitaal op Modimolle (Nylstroom) waarin twee mense oorlede is.

... Lees verder

VF Plus-Limpopo gee om en gryp in by Musina-waterkrisis

2021-07-27
Marcelle Maritz

Nadat alle pleidooie van inwoners van die Musina-plaaslike munisipaliteit bloot geen vrugte afgewerp het nie, het inwoners van Musina, wat vir meer as ‘n maand sonder water sit, die VF Plus gekontak om hulp.

Die VF Plus het onmiddellik opgetree en een van sy aspirant-kandidate vir Musina,... Lees verder


Van Zyl-plaasmoord: VF Plus verwelkom hofuitspraak

2021-08-26
Marcelle Maritz

Die VF Plus verwelkom die uitspraak van Limpopo se hooggeregshof in Polokwane (Pietersburg) wat twee lewenslange vonnisse aan Mpho Mbuyane opgelê het vir die dubbele moord op die egpaar Piet en Tilla van Zyl.

Die egpaar is op 20 Augustus 2017 op hul wildsplaas Kalkpoort buite Zebediela in... Lees verder


VF Plus verwelkom inhegtenisname van amptenare en sakelui van Mogalakwena oor beweerde korrupsie

2021-08-30
Marcelle Maritz

Die VF Plus in Limpopo verwelkom die inhegtenisneming vanoggend van amptenare en sakelui deur die Valke vir beweerde korrupsie by die Mogalakwena-plaaslike munisipaliteit (Mokopane/Potgietersrus). Verdere inhegtenisnemings word binnekort verwag.

Die inhegtenisname van amptenare van die... Lees verder


« 1 2 3 4 5 6 »