Soek Resultate - "Onderwys"

Lesufi moet afgedank word as LUR weens sy ongepaste kritiek oor Coligny-2-uitspraak

2020-11-30
Adv Anton Alberts

Die VF Plus beskou die kritiek wat Panyaza Lesufi gelewer het teen die Coligny-2-uitspraak van die hoogste hof van appèl, as onvanpas en onbestaanbaar met sy posisie as onderwys-LUR vir Gauteng.

Die VF Plus het in ‘n skrywe aan die premier van Gauteng, David Makhura, geëis dat... Lees verder


Welkome nuus dat eksamen nie oorgeskryf word nie

2020-12-12
Die Redaksie

"Die VF Plus is saam met honderdduisende matrikulante verheug dat die Wiskunde- en Fisiese Wetenskappe-vraestelle nie oorgeskryf hoef te word nie," sê dr. Wynand Boshoff, VF Plus-LP en hoofwoordvoerders van onderwys.

"Dit volg op 'n hofaansoek wat AfriForum namens individuele matrikulante... Lees verder


VF Plus verkla Lesufi by OB en MRK oor sy tender-uitsprake

2021-04-06
Adv Anton Alberts

Die VF Plus gaan beide die openbare beskermer (OB) en menseregtekommissie (MRK) nader om die Gautengse LUR van onderwys, Panyaza Lesufi, se tender-uitsprake te ondersoek.

Die party het reeds 'n ondersoek in proses by die OB rakende die onderwysdepartement se tenders vir die dekontaminasie en 'diep ... Lees verder


Lesufi se registrasiestelsel in werklikheid bedoel om Afrikaans te vernietig: VF Plus-klag aan OB

2019-11-05
Adv Anton Alberts

Die VF Plus het vandag ʼn klag by die openbare beskermer (OB) ingedien wat dui op sinistere motiewe agter die sentrale aanlynregistrasiestelsel van die Gautengse onderwysdepartement onder LUR Panyaza Lesufi met die uitsluitlike doel om Afrikaans in skole in dié provinsie te vernietig.

(Sien... Lees verder


Lesufi: Skole wat vol is, se taalbeleid is veilig

2019-12-03
Adv Anton Alberts

Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, het vandag op ‘n vraag van die VF Plus tydens ‘n sitting van die Gautengse wetgewer bevestig dat skole wat vol is, se taalbeleid gerespekteer sal word. Hierdie bevestiging van Lesufi kom natuurlik in weerwil van sy eie poging om Afrikaanse... Lees verder


Gestremdheid: Fokus op vermoë eerder as stremming

2020-03-13
Dr. Wynand Boshoff

Die VF Plus het onlangs aan die debat oor die verslag van die Suid-Afrikaanse Kommissie vir Menseregte oor die ‘Status van Kinders met Gestremdhede in Suid-Afrika’ deelgeneem. Die verslag het gefokus op kinders met ernstige intellektuele gestremdheid.

Die VF Plus se standpunt aan die... Lees verder


Vir die Griekwa-gemeenskap van Gong-Gong gaan dit oor meer as net ‘n skool, dit gaan oor wie hulle is

2020-09-03
Dr. Wynand Boshoff

(Debat in parlement)

Die versugting na 'n skool vir die Gong-Ghong-Griekwagemeenskap naby Barkly-Wes in die Noord-Kaap, gaan oor meer as net 'n skool.

Dit gaan oor 'n gemeenskap wat sy identiteit wil behou, sy ekonomie wil bou, sekerheid van grondeienaarskap wil hê en sy kinders teen... Lees verder


Rotora-skool vir gestremde leerlinge in Carletonville al drie weke sonder elektrisiteit

2020-09-29
Me. Amanda de Lange

Die VF Plus in die Gauteng-wetgewer het in dringende skrywes aan die Gautengse LUR’e vir onderwys, Panyaza Lesufi, samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta), Lebogang Maile en gesondheid, Jacob Mamabolo, gevra vir onmiddellike ingryping by die Rotora-skool vir gestremde leerlinge in... Lees verder


Basiese onderwys: Toegewyde onderwysers maak die verskil

2020-07-22
Dr. Wynand Boshoff

(Debat in parlement: Aansuiweringsbegroting vir departement van basiese onderwys)

Basiese onderwys is op die voorpunt van die stryd teen Covid-19 en die ekonomiese gevolge van die gevolglike staat van inperking.

Bestryding van wanvoeding deur skoolvoedingskemas, juis wanneer die ekonomie... Lees verder


Onderwysowerhede moet fokus op skole wat swak presteer en professionele onderwysers toelaat om hul roeping te vervul

2021-05-20
Dr. Wynand Boshoff

(Begrotingsposdebat in parlement: Basiese onderwys)

Die departement van basies onderwys volg 'n gesentraliseerde benadering tot onderwys, wat nie tot sosiale kohesie of tot goeie onderwys lei nie. Daarom versoek die VF Plus die departement om sy hulpbronne op skole te fokus waar resultate... Lees verder


« 1 2 3 4 5 6 ... 63 64 »