Klik hier om vir ons 'n vraag te vra rakende die inperkings of COVID-19

NUUTSTE INLIGTING

2020-05-21
Die Redaksie

Nuutste Inligting 21 Mei 2020 om 15:25

Suid-Afrika:
- Aantal bevestigde gevalle: 19137
( Gestyg met 1134 sedert 20/5)
-Aantal bevestigde sterftes: 369
( Gestyg met 30 sedert 20/5)
- Aantal herstel: 8950
( Onveranderd)
-Aantal toetse afgehandel:525433
( Gestyg met 18572 sedert 20/5)

Provinsies: ( +/-... Lees verder


Verslapping van Covid-19-regulasies tot Vlak Vier skep die indruk dat regering onseker is oor optrede en geen vertroue het in die samewerking van die publiek nie

2020-04-30

"Net soos wat die regering ʼn verantwoordelikheid gehad het om inperkingsregulasies in te stel om die verspreiding van die koronavirus te keer, net so het hy nou die verantwoordelikheid om die inperking op ʼn sinvolle wyse te lig om die ekonomie weer te ontsluit," sê dr. Pieter Groenewald, VF... Lees verder


Onwettige bepaling oor bereide voedsel vervang met ‘n irrasionele bepaling

2020-04-20

"Die minister van samewerkende regering en tradisionele aangeleenthede (Cogta), Nkosazana Dlamini-Zuma, het vandag met die wysiging van ‘n inpekingsregulasie die verkoop van warm kos of bereide voedsel tydens die inperkingstyd uitdruklik verbied en daardeur ‘n onwettige bepaling bloot... Lees verder


Duidelikheid moet gegee word oor kwarantyn-geriewe

2020-04-20

"Daar sal dringend meer duidelikheid gegee moet word oor kwarantyn-geriewe wat beskikbaar gestel is vir die Covid-19-tydperk sodat lede van die parlement, provinsiale wetgewers en munisipale raadslede hul oorsigrol hieroor effektief kan uitvoer met die nodige voorsorgmaatreëls om ook nie self... Lees verder


VF Plus het vrae oor heining van 40km lank by Beitbrug-grenspos

2020-04-20

"Die VF Plus het vrae oor die heining van 40km lank by die Beitbrug-grenspos tussen Suid-Afrika en Zimbabwe gerig aan die minister van openbare werke en infrastruktuur, mev. Patricia de Lille," sê Philip van Staden, VF Plus-LP en hoofwoordvoerder van openbare werke en infrastruktuur.

"Die VF ... Lees verder


Die vandalisering van skole is een van die mees vernietigende verskynsels van die grendeltyd

2020-04-18

"Die vandalisering van skole is een van die mees vernietigende verskynsels van die grendeltyd. Dit kan deels aan armoede toegeskryf word wat vooraf al akuut was; en deels aan die oorgeërfde kultuur uit die ANC se magstryd, dat skole 'n plek is waarop gemeenskappe hul frustrasies kan uithaal,"... Lees verder


VF Plus voorstelle vir wysigings aan grendelstaat-regulasies

2020-04-17

Die nasionale inperkingsperiode om die verspreiding van die Covid-19-virus te keer, het ʼn groot uitwerking op die mense van Suid-Afrika en op die land se ekonomiese voortbestaan.

Die infeksiekoers van COVID-19 moet hok geslaan word terwyl daar op ‘n verantwoordelike en innoverende wyse meer... Lees verder


VF Plus stem saam met geleidelike verslapping van inperkingsregulasies, maar wetstoepassers se vertolking daarvan bly kommerwekkend

2020-04-16

"Die VF Plus stem saam dat daar ‘n geleidelike verslapping van inperkingsregulasies moet wees alhoewel dit nie heeltemal duidelik is watter regulasies wel verslap word nie aangesien dit by herhaling geblyk het dit wat die regering sê en dit wat toegepas word, nie noodwendig dieselfde is ... Lees verder


Rassisme in staatshulp aan toerisme: VF Plus in gesprek met minister om kriteria vir hulp te hersien

2020-04-09

Die VF Plus was vanoggend in gesprek met die minister van toerisme, Mmamoloko Kubayi-Ngubane, en het ʼn dringende beroep op haar gedoen om die kriteria vir die hulppaket van R200 miljoen aan klein-, mikro- en mediumgrootte ondernemings (KMMO’s) te herroep en om ag te slaan op die VF Plus se... Lees verder


Belangrike nommers om te onthou

2020-04-07
Die Redaksie

VF Plus WhatsApp-inligtingslyn : 082 632 5051

NIOS : 011 386 6400

NIOS blitslyn: 082 883 9920

Koronavirusblitslyn: 0800 029 999

Departement van Gesondheid se WhatsApp-inligtingslyn: 0600 123 456

Vroue- en kindergeweld-blitslyn: 0800 150 150

Geslagsgeweld-blitslyn: 0800 428 428

SASSA-navrae:... Lees verder


« 1 2 »