VF Plus voorstelle vir wysigings aan grendelstaat-regulasies

2020-04-17

Die nasionale inperkingsperiode om die verspreiding van die Covid-19-virus te keer, het ʼn groot uitwerking op die mense van Suid-Afrika en op die land se ekonomiese voortbestaan.

Die infeksiekoers van COVID-19 moet hok geslaan word terwyl daar op ‘n verantwoordelike en innoverende wyse meer ekonomiese aktiwiteit toegelaat word.

Die VF Plus het vandeesweek aanbevelings aan president Cyril Ramaphosa en die COVID-19 Nasionale Taakspan voorgelê met die doel om dringende ingrypings voor te stel om probleme wat tans ervaar word weens die verkeerde toepassing en/of interpretasie van die regulasies aan te spreek, tekortkominge in die huidige regulasies uit die weg te ruim en positiewe veranderinge rakende die regulasies teweeg te bring tot voordeel van die publiek en die ekonomie.

Van hierdie voorstelle is reeds vervat in die gewysigde regulasies wat op 16 April 2020 gepubliseer is.

Laai hieronder die volledige voorlegging af.


Laai dokumente af


LOCKDOWN FF Plus Proposals and recommendations.pdf

Het jy dit interessant gevind? Deel dit!