Mnr Philip van Staden

Parlementslid

Mnr. Philip van Staden is in 1975 in Pretoria gebore en is steeds 'n inwoner van dié stad. Hy was in die Laerskool Voortrekker Eeufees in Pretoria-Noord en het gematrikuleer aan die Hoërskool Pretoria-Noord.

Reeds as tiener was hy by die politieke betrokke en op sewentien het hy voorsitter geword van die Afrikaner Volksfront se tak in Pretoria-Noord. Na skool het hy die sakewêreld betree. In 2005 het hy teruggekeer tot die aktiewe politiek.

Mnr. van Staden is sedert 2008 lid van die VF Plus se federale raad en lid van die party se Gautengse dagbestuur. Hy was voorsitter van die party se Pretoria-streek van 2009 tot 2016, provinsiale organiseerder van 2009 tot 2011, burgemeesterskandidaat vir die Tshwane-metro in 2011 en raadslid van die Tshwane-metro van 2011 tot 2014.

Hy is onderleier van die VF Plus in Gauteng sedert 2013 en is sedert 2014 ʼn lid van die provinsiale wetgewer (LPW) in Gauteng.

In sy amp as LPW in Gauteng het hy gedien op die program- en reëlskomitees vir plaaslike regering en tradisionele sake, paaie en vervoer, petisies, etiek en menslike hulpbronne.

Hy is in 2014 getroud met Sumare Schonken en uit hierdie huwelik is hul driejarige dogtertjie Luanmari gebore.


Het jy dit interessant gevind? Deel dit!