Jongste Nuus

Mpumalanga se gesondheidsdepartement moet stappe neem oor uitbreek van masels

2023-01-26
Werner Weber

Die VF Plus is bekommerd daaroor dat die departement van gesondheid in Mpumalanga nie genoeg doen om die verspreiding van masels onder inwoners in dié provinsie te bekamp nie.

Die VF Plus het reeds in Desember verlede jaar tydens 'n wetgewersitting die dringendheid van 'n inentingsveldtog... Lees verder


VF Plus trots op Limpopo-matrieks en wens hulle sterkte toe met die toekoms

2023-01-23
Marcelle Maritz

Die VF Plus wens hiermee Limpopo se matriekklas van 2022 geluk met die slaagsyfer van 72,1% en wens hulle sterkte toe met die toekoms wat voorlê.

Ná lang ure agter die boeke is die matrieks se harde werk nou beloon.

Die provinsie se slaagsyfer het sedert 2021 met 5,3% gegroei.

In... Lees verder


Sewe jaar se volharding bring herstel van sinkgat op N12

2023-01-23
Michal Groenewald

Die VF Plus verwelkom die feit dat herstelwerk aan die sinkgat op die N12-hoofweg by Stilfontein in Noordwes eersdaags sal begin.

Die kontrakteur, Ultimate Dynamic Stilfontein, het die VF Plus ingelig dat die kontraktuele prosedures afgehandel is en die kontrak aan die maatskappy toegeken is.

Die ... Lees verder


Beurtkrag: ʼn Voedselkrisis word tans vervaardig danksy ANC-regering

2023-01-19
Dr. Wynand Boshoff

Korttermyngevolge van beurtkrag is welbekend: Verlaagde nywerheidsuitsette, persoonlike ongerief en munisipale watertekorte is van die opvallendste.

Rekordhoë voedselpryse en selfs voedseltekorte is moontlike gevolge wat verder die toekoms in lê.

Tydens die jare 80 toe elektrisiteit... Lees verder


Matrieks 2022: Gelukwensing aan matrieks en skole wat onder moeilike omstandighede kon presteer

2023-01-19
Dr. Wynand Boshoff

Die oorweldigende meerderheid van Suid-Afrikaanse matrikulante is aan openbare skole ingeskryf en ontvang môre hul finale uitslae.

Dit is ʼn groot geleentheid waarna die meeste leerders uitsien vandat hulle in graad 1 inskryf.

Vir die VF Plus is dit ʼn voorreg om suksesvolle kandidate, hul... Lees verder


VF Plus wens Onafhanklike Eksamenraad (BCVO ingesluit) en SACAI geluk met goeie uitslae – asem word opgehou vir departementele uitslae

2023-01-18
Dr. Wynand Boshoff

Die Suid-Afrikaanse onderwyslandskap bevat drie instansies wat eksamens vir die Nasionale Seniorsertifikaat bedryf: Die departement van basiese onderwys deur middel van nege provinsiale departemente, die Onafhanklike Eksamenraad (IEB) wat onafhanklike skole bedien en die Suid-Afrikaanse... Lees verder


Dlamini-Zuma erken skokkende gebrek aan kundigheid in munisipaliteite

2023-01-18
Michal Groenewald

Daar slegs 168 behoorlik geakkrediteerde ingenieurs landwyd by munisipaliteite in diens. Dit verteenwoordig sowat 19% uit ʼn totaal van 1 026 persone wat in ingenieursposte aangestel is.

Dit blyk uit ʼn antwoord van die minister van samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta), dr. Nkosazana... Lees verder


VF Plus verwelkom inhegtenisneming van verdagte ná plaasmoord in Mpumalanga

2023-01-17
Werner Weber

Die VF Plus in Mpumalanga verwelkom die inhegtenisneming gister van 'n verdagte vir beweerde betrokkenheid by 'n plaasmoord hierdie week.

Johan Nortje (66) is Sondag tydens 'n plaasaanval vermoor en sy vrou (56) aangerand op hul plaas Wilgekraal in Badfontein in die Thaba Chweu-plaaslike... Lees verder


Jaarlikse plasingsprobleem van leerders in Gauteng is weens ANC-regering se onvermoë om genoeg skole te bou

2023-01-14
Adv Anton Alberts

Die jaarlikse plasingsprobleem van leerders in Gauteng moet eenvoudig voor die deur van die ANC-regering gelê word wat nie daarin slaag om genoeg skole te bou nie.

Elke jaar word daar gesukkel om alle leerders te plaas en toenemende druk word op veral Afrikaanse skole geplaas om meer... Lees verder


Afskryf van kragskuld bevorder kultuur van nie-betaling, vererger kragkrisis en dra by tot buitensporige verhoging in kragprys

2023-01-12
Wouter Wessels

Dit is verstommend en onaanvaarbaar dat president Cyril Ramaphosa meen die afskryf van agterstallige kragrekeninge in Soweto moet oorweeg word.

Optrede soos hierdie bevorder die kultuur van nie-betaling vir krag en dra direk by tot buitensporige verhogings in die kragprys soos die 18,65% wat... Lees verder


« 1 2 3 4 5 ... 161 162 »