Jongste Nuus

Hoërskool Vishoek: DA kan hom nie verontskuldig

2022-11-06
Dr Corné Mulder

Wat verlede week by die Hoërskool Vishoek gebeur het, hoort in geen beskaafde samelewing nie. Kinders mag nie op hierdie Nazi-agtige wyse agter toe deure geboelie en getraumatiseer word nie.

Ewe erg is dat die DA nou sy hande in onskuld probeer was en sonder skroom voorgee dat hy die voorval... Lees verder


Terreur-waarskuwing van Amerika en Brittanje kan nie ligtelik opgeneem word nie

2022-10-27
Dr Pieter Groenewald

Daar moet kennis geneem word van die waarskuwings van Amerika en Brittanje oor moontlike terreur in die Sandton-omgewing in die komende naweek.

Ek het deur direkte navraag vasgestel dat die waarskuwing van die Amerikaanse ambassade, wat later deur Brittanje beaam is, wel eg is.

Daar is inderdaad... Lees verder


VF Plus wens matriekleerlinge sterkte toe met eindeksamen

2022-10-27
Dr. Wynand Boshoff

Die VF Plus wens die matriekklas van 2022 sukses toe met die komende eindeksamen. Selfs belangriker, wens die party hulle ook sukses toe met hul loopbane wat daarop volg.

Matriek is in Suid-Afrika 'n hoogsaangeskrewe eksamen. Selfs wanneer 'n mens nagraadse studies aanpak, of dekades later om 'n... Lees verder


VF Plus dien klagte by Kaapstad-sentraal-polisiekantoor in teen Julius Malema

2022-10-27
Dr Pieter Groenewald

Die VF Plus het vandag klagte by die Kaapstad-Sentraal-polisiekantoor ingedien teen Julius Malema, leier van die EFF, oor uitlatings wat hy onlangs gemaak het op ’n EFF-konferensie in Kaapstad.

Op videomateriaal van die toespraak kan duidelik gehoor word hoe Malema mense aanhits om ’n... Lees verder


Minister skep donker prentjie oor land se finansies

2022-10-26
Wouter Wessels

Die minister van finansies, Enoch Godongwana, het vandag in sy mediumtermyn-begrotingsraamwerk (MTBR) of ‘mini-begroting’ ’n donker prentjie geskets van Suid-Afrika se ekonomie en fiskus.

Hy het toegegee dat daar vele risiko’s is wat ekonomiese groei in die kort- tot lang... Lees verder


VF Plus dien strafregtelike klag in teen Julius Malema

2022-10-26
Dr Pieter Groenewald

Die leier van die VF Plus, dr. Pieter Groenewald, sal môre (27 Oktober) ʼn strafregtelike klag aanhangig maak teen Julius Malema, EFF-leier, by die Kaapstad-sentraal polisiekantoor.

Dié strafregtelike klag volg na Malema se afstootlike en opruiende oproep op EFF-lede by dié... Lees verder


Moontlike brandstoftekore terwyl pryse styg: Deur verwaarlosing is Suid-Afrika aan internasionale skommelings uitgelewer

2022-10-26
Dr. Wynand Boshoff

Suid-Afrika huiwer reeds maande lank op die afgrond van ʼn volskaalse energiekrisis. Dit is omdat selfstandigheid, wat vir jare die hoeksteen van die land se energiebeleid was, sedert die ANC se oorname in 1994 verwaarloos word.

Breedweg kan gesê word dat elektrisiteit die voorkeur vorm van... Lees verder


Malema kan nie langer wegkom met aanhitsing tot geweld en rassehaat

2022-10-20
Dr Pieter Groenewald

Julius Malema se deurlopende oproepe tot geweldpleging en selfs moord en sy opstoking van rassehaat kan nie langer geduld word nie.

Die VF Plus het ʼn klag oor Malema se jongste uitlatings by die menseregtekommissie (MRK) ingedien. Dit word ondersoek.

Sy oproep aan EFF-lede by dié party se... Lees verder


Veranderinge aan Kieswet: Slaggate met onafhanklike kandidate moet in ag geneem word

2022-10-20
Dr Pieter Groenewald

Geen kiesstelsel of voorskrif alleen kan die versekering gee dat ʼn onafhanklike kandidaat as gekose verteenwoordiger ʼn goeie diens aan kiesers gaan lewer nie.

Waar só ʼn persoon lid is van ʼn politieke party aan wie ook rekenskap gegee moet word, is die kanse veel beter dat hy (of sy) die... Lees verder


VF Plus verwelkom polisie-riglyne oor optrede tydens kapingsvoorvalle in Noordwes

2022-10-19
Fanie du Toit

Die VF Plus in Noordwes verwelkom die uitreiking van amptelike polisie-riglyne oor optrede tydens kapingsvoorvalle.

Die riglyne van die kantoor van die provinsiale kommissaris in Noordwes se wenke sluit in wat motoriste te doen staan as hulle gekonfronteer word deur wetstoepassingsbeamptes wat... Lees verder


« 1 2 3 4 5 ... 161 162 »