Brandweerdienste kon weens tekort aan brandstof nie brandende huis in Emfuleni red

2023-01-24
Gerda Senekal

Die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit se brandweerdiens kon vandag weens ʼn tekort aan brandstof nie ʼn brand blus wat ʼn huis in Unitaspark, Vereniging, vernietig het nie.

Die Meyerton-brandweerdiens het uiteindelik kom help, maar was te laat om enigiets te red.

Intussen het die gemeenskap probeer om die vuur met 'n tuinslang te blus.

Hierdie is ʼn direkte gevolg van die Emfuleni-munisipaliteit (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging) wat in so ʼn finansiële verknorsing verkeer, dat daar nie geld is om brandweerwaens van brandstof te voorsien nie.

Die brandweer is nie die enigste diens wat onder die swak bestuur van die munisipaliteit ly nie.

Feitlik geen vullisverwydering of ander diens kan gelewer word nadat die hof ʼn beslagleggingsbevel aan Eskom toegestaan het teen Emfuleni nie.

Emfuleni se lopende bankrekening is kort daarna gevries.

Die inwoners van Emfuleni word nou gestraf vir die ANC-beheerde munisipaliteit se wanbestuur.

In hierdie geval het ʼn huis in die slag gebly, maar volgende keer kan dit tot lewensverlies lei.

Die enigste oplossing is om ontslae te raak van die ANC. Emfuleni verdien beter as die ANC.

GerdaSenekalEmfuleni#Brandendehuis

Het jy dit interessant gevind? Deel dit!