Carletonville vier dae sonder krag na transformator ontplof: VF Plus eis antwoorde

2020-06-20
Ben van der Berg

Die Merafong-plaaslike munisipaliteit (Carletonville, Blyvooruitsig, Fochville en Khutsong) se onvermoë om krag-infrastruktuur in stand te hou, veral in die winter, is nog ‘n bewys daarvan dat die ANC nie ‘n munisipaliteit suksesvol kan bestuur nie.

Die VF Plus word oorval met oproepe van inwoners in Carletonville wat kla dat hulle dae lank sonder krag is. Baie wend hulle tot sosiale media om hul misnoeë te kenne te gee.

Die Merafong-munisipaliteit het vandeesweek in ‘n omsendbrief aan inwoners gevra om elektrisiteit spaarsamig te gebruik, maar geen melding is gemaak oor wanneer die substasie in Staticestraat, Carletonville, herstel gaan word nie.

‘n Transformator in die substasie het Maandag ontplof en is nog nie herstel nie.

Die VF Plus meld daagliks klagtes by die munisipaliteit aan en het reeds die gebied se kragprobleme onder die aandag van die LUR vir samewerkende regering en tradisionele aangeleenthede, Lebogang Maile, gebring.

Die VF Plus het versoek dat herstelwerk gou gedoen word en ou infrastruktuur vervang word. Onderhoudswerk moet ook gereeld gedoen word.


Navrae: 082 671 2302

 

 

BenVanDerBergMerafongCarletonville

Het jy dit interessant gevind? Deel dit!