Carletonville-winkelsentrum sonder krag weens kabeldiefstal

2020-02-19
Ben van der Berg

Die VF Plus het met die polisie se stasiebevelvoerder in Carletonville, brig. Melinda Theron, vergader en gevra vir meer sigbare polisiëring nadat kabeldiewe oor ‘n periode van drie tot vyf weke kragkabels na die Carletonville-winkelsentrum gesteel het.

Dit het die sentrum in donkerte gehul en verskeie sake-ondernemings gedwing om hul deure tydelik te sluit.

Indien die tendens voortduur, sal werkgewers gedwing word om personeel te verminder weens korter handelsure en die gepaardgaande verlies aan inkomste.

Vandalisme vind ook gereeld by substasies en transformators op die dorp plaas wat die munisipaliteit onder geweldige finansiële druk plaas om onderdele te vervang.

Sigbare polisiëring by sleutelpunte in Carletonville is dringend noodsaaklik om diefstal hok te slaan wat die dorp se ekonomie skade berokken.


Kontaknommer: 082 671 2302

BenVanDerBergCarletonvilleKabeldiefstal

Het jy dit interessant gevind? Deel dit!