Departement van openbare werke dra by tot Mangaung-verval

2020-06-30
Dévar Smit

Die VF Plus het onlangs drie munisipale rekeninge van die Vrystaat se departement van openbare werke onder oë gehad. Dié departement is met sowat R191 728 op slegs een van sy eiendomme agterstallig.

Die departement se totale skuld aan die munisipaliteit van die Mangaung-metro maak deel uit van die totale provinsiale regeringskuld van sowat R1,5 miljard wat 21% van die metro se uitstaande debiteure-skuld uitmaak. Indien die provinsiale regering sy munisipale skuld delg, sal dit reeds baie van die metro se probleme oplos.

Provinsiale departemente wat nie hul skuld aan die metro vereffen nie, ontneem effektiewelik van die kwaliteit-dienslewering wat die metro aan inwoners verskuldig is. Die regering skuld homself geld en die nimmereindigende skuldverskuiwing van een vlak van regering na die volgende kan nie langer geduld word nie.

Die VF Plus beskou dit as ‘n skreiende skande dat departementele swak beplanning en onverantwoordelike finansiële bestuur afwentel na plaaslike regering tot nadeel van inwoners.


Navrae: 084 206 3375

 

 

DiensleweringMangaungDévarSmitMunisipaleskuld

Het jy dit interessant gevind? Deel dit!