Eskom dreig om Fochville en Carletonville se krag te sny

2020-01-17
Ben van der Berg

Eskom se dreigement om verskeie dorpe aan die Wes-Rand se kragtoevoer vanaf 19 Maart vanjaar te verminder of te onderbreek, het ook uitgekring na Fochville en Carletonville.

Die kragverskaffer het vandeesweek ‘n kennisgewing in ‘n plaaslike koerant geplaas waarin inwoners gewaarsku word dat indien die munisipaliteite nie hul afbetalingsooreenkoms dadelik nakom nie, die dorpe vir ure in duister gehul sal wees.

Die dorpe sluit in Carletonville, Welverdiend, Khutsong-Suid en Fochville wat Eskom gesamentlik R369 miljoen skuld.

Die VF Plus sal dadelik in gesprek met die munisipaliteite tree en druk op hulle plaas om hul verpligting na te kom.

Dit is onregverdig dat betalende inwoners moet boet vir diegene wat geen poging aanwend om hul maandelikse rekeninge te betaal nie.

Die VF Plus doen ook ‘n beroep op inwoners om die nodige voorsorgmaatreëls te tref.

Die Merafong-munisipaliteit se krediet-invorderingstelsel is ooglopend onsuksesvol en ‘n klinkklare bewys dat dié ANC-beheerde raad nie die vermoë het om dorpe suksesvol te bestuur nie.

Die tyd het aangebreek om ‘n party te steun wat skoon administrasie voorstaan en werk vir ‘n beter toekoms vir almal.


Kontaknommer: 082 671 2302

EskomBenVanDerBergMerafongCarletonville

Het jy dit interessant gevind? Deel dit!