Hofsaak na beweerde aanranding van vrou in Carletonville-munisipale kantore

2020-06-10
Ben van der Berg

Die VF Plus betreur die voorval waar ʼn vrou in Carletonville se munisipale kantore na bewering aangerand is terwyl sy navraag oor haar diensterekening gedoen het. ‘n Man het reeds op ‘n klag van aanranding in die landdroshof op Carletonville verskyn.

Die voorval het glo plaasgevind terwyl die vrou Donderdagmiddag in die munisipale kantore ‘n amptenaar genader het om vas te stel wat die uitstaande bedrag op haar waterrekening is. Sy is na bewering kort daarna aangerand.

Die VF Plus beskou die voorval in ‘n baie ernstige lig en het die slagoffer bygestaan om die saak by die polisie aan te meld

Geweld teen vroue en kinders is buite beheer en kan nie geduld word nie. Die aanranding van ʼn vrou deur ʼn amptenaar wat haar moet help, is onaanvaarbaar, en indien die persoon skuldig bevind word, moet die vonnis dien as werklike afskrikmiddel teen dié soort misdryf.

Klante wat ‘n dienssentrum besoek moet ten alle tye met respek behandel word.


Navrae: 082 671 2302

BenVanDerBergCarletonvilleGeweldTeenVroueAanranding

Het jy dit interessant gevind? Deel dit!