Plaasmoord na veediefstal: Boere moet veiligheid voorop stel

2020-03-23
Rochelle Robbetze

Dit het onder die VF Plus se aandag gekom dat ʼn boer van Helpmekaar naby Dundee in KwaZulu-Natal verlede week vermoor is nadat daar glo vee van hom gesteel is op dieselfde dag.

Mnr. Collin Leslie Brits (65) van die plaas Criagmillar in die Elandskraal-omgewing is in sy plaashuis oorval en geskiet terwyl hy glo besig was om koffie te maak. Hy en van sy plaaswerkers het vroeër die dag gaan soek na beeste wat vermoedelik gesteel is.

Die VF Plus veroordeel die voorval ten sterkste en wil weer ʼn versoek tot boere rig om te alle tye paraat te wees en hul eie veiligheid voorop te stel.

Sluit aan by veiligheidsnetwerke in u omgewing en wees veral bedag wanneer u bewus raak van misdadige bedrywighede soos inbraak of die diefstal van vee. Die VF Plus wil hiermee ook sy meegevoel uitspreek met mnr. Brits se naasbestaandes.


Kontaknommer: 079 509 9067

 

 

KwaZuluNatalPlaasmoordRochelleRobbetze

Het jy dit interessant gevind? Deel dit!