Slaggate in Carletonville gevaar vir motoriste

2020-03-10
Ben van der Berg

Die reeds kwynende Merafong-plaaslike munisipaliteit (Carletonville, Fochville, Wedela) word onder groter finansiële druk geplaas met die toename in slaggate op die R500 vanaf Carletonville na die N14.

Die VF Plus het reeds die munisipaliteit versoek om die slaggate te herstel en tydelike padtekens aan te bring om motoriste teen die gevaar van slaggate te waarsku en om hulle te maan om versigtig te bestuur.

Die slaggate is die gevolg van swak instandhouding deur die munisipaliteit, uitgebreide reënbuie en swaarvoertuie wat die pad gebruik. Ongelukke op dié betrokke pad vind gereeld plaas en skade aan motors word al hoe algemener wanneer motoriste nie die slaggate kan vermy nie.

Die Merafong-munisipaliteit is gereeld in die media weens sy swak bestuur, kragonderbrekings, watertekorte en swak dienslewering.


Kontaknommer: 082 671 2302

 

 

BenVanDerBergMerafongCarletonvilleSlaggate

Het jy dit interessant gevind? Deel dit!