Sol Plaatje: VF Plus verwelkom inisiatiewe om munisipale skuld in te vorder

2021-09-09
Kobus van den Berg

Die VF Plus verwelkom me. Lydia Mahloko, hoof finansiële beampte van die Sol Plaatje-plaaslike munisipaliteit (Kimberley, Ritchie) se aankondiging van ʼn finansiële program vir die invordering van lang uitstaande debiteureskuld. Me. Lydia Mahloko se skorsing van drie jaar is onlangs deur die munisipaliteit opgehef na die hof ʼn Artikel 106-verslag waarin sy van wanadministrasie beskuldig is, ongeldig verklaar het omdat die nodige omsigtigheid met die saamstel daarvan nie gevolg is nie.

Die projek heet “My Sol account is my Soul, arrange it don’t block it!”

Dit gaan sake-ondernemings, huishoudings en staatsinstellings met uitstaande rekeninge teiken.

Die VF Plus verwelkom enige deurdagte inisiatief wat die kontantvloei van Sol Plaatjie sal verbeter.

Mev. Mahloko het ook daarna verwys dat die munisipaliteit 'n goeie kans staan om 'n hangende hofsaak teen Ekapa Mining te wen. Ekapa Mining betwis die koers waarteen hy aangeslaan is vir munisipale dienste en belasting wat deur die munisipaliteit gehef is vir die mynvoertuie wat deur Kimberley ry. Die mynvoertuie veroorsaak skade aan die paaie en stoot die koste van onderhoud aan infrastruktuur op.

Dit is belangrik vir die hele gemeenskap van Sol Plaatje om saam te werk en hul diensterekeninge en munisipale belastings te vereffen om sodoende die munisipaliteit se verval te keer.


Navrae: ‪083 454 9410

 

KOBUSVANDENBERGSolPlaatjeDiensteskuld

Het jy dit interessant gevind? Deel dit!