Suid-Afrika se lae sakevertroue-indeks verder geknou deur koronavirus

2020-03-11
Jaco Mulder

Die Suid-Afrikaanse regering se onvermoë om noodsaaklike ekonomiese hervorming deur te voer, het die sakevertroue in die land se ekonomie verder laat daal.

Volgens die Rand Aksepbank (RAB) en die Buro vir Ekonomiese Ondersoek (BEO) se indeks vir die eerste kwartaal van 2020, het sakevertroue in die konstruksiebedryf, vervaardiging en kleinhandel gedaal terwyl die verwagte verlangsaming wat internasionaal deur die Covid 19-virus veroorsaak kan word, die Suid-Afrikaanse ekonomie, wat reeds in ‘n resessie verkeer, nog verder knou.

Dié negatiewe sentiment word verder aangevuur deur onder meer beurtkrag, reddingsboeie aan die SAL, swak beleidsvoorstelle oor die Nasionale Gesondheidversekering en die regering se voorneme om voort te gaan met die wysiging van Artikel 25 van die Grondwet om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak.

President Cyril Ramaphosa gaan noodgedwonge die ideologies gedrewe ANC-beleidsrigtings moet vervang met gesonde beleidsrigtings wat Suid-Afrika se ekonomie kan red en werkgeleenthede kan skep.


Kontaknommer: 082 466 3786 / 062 391 1804

 

JacoMulderEkonomieHandelEnNywerheidKoronavirusCovid19

Het jy dit interessant gevind? Deel dit!