Sukkel jy om ‘n klag by die Ekurhuleni-metroraad aan te meld? VF Plus kan help

2021-04-30
Jennifer Glover

Die VF Plus-kantoor aan die Oos-Rand ontvang daagliks navrae van inwoners rondom die aanmeld van klagte by die Ekurhuleni-metroraad.

Die VF Plus het reeds tien geslote whatsapp-groepe, een vir elke dorp (Benoni, Boksburg, Springs, Kempton Park, Edenvale, Midstream, Nigel, Germiston, Alberton en Brakpan) gestig waar noodsaaklike inligting geplaas word.

Inwoners sal deur middel van die groepe ingelig word op watter wyse klagte aangemeld kan word en hoe te werk gegaan word om die nodige verwysingsnommer te ontvang.

Die party sal klagte, wat nie deur die metro binne ‘n redelike tyd behandel word nie, ondersoek en help om die probleem op te los.

Die VF Plus sal ook elke Vrydag ‘n nuusbrief rakende toepaslike nuusgebeure op die groepe plaas.

Inwoners wat wil deel word van die onderskeie whatsapp-groepe, kan gerus die Oos-Randse kantoor by 012-943 8638 skakel of ‘n e-pos stuur aan oosrand@vfplus.org.za.

Besonderhede wat verlang word, is die persoon se naam, van, telefoonnommer en gebied waarin die persoon woon.

Die ANC-regering vernietig die Ekurhuleni-metroraad. Met die komende plaaslike regeringsverkiesings kan inwoners hierteen opstaan en saam met die VF Plus staan om ‘n sterk boodskap uit te stuur dat die situasie nie langer geduld sal word nie. Die verval van munisipaliteite en metrorade moet gestop word.

Navrae: 072 217 1951

JenniferGloverEkurhuleniMetroraad

Het jy dit interessant gevind? Deel dit!