VF Plus raak betrokke om lot van wit en bruin mense in ‘n informele nedersetting by Mamre te verbeter

2020-03-11
Erika Botha-Rossouw

Die VF Plus het betrokke geraak by die lot van ʼn groep wit en bruin mense van ʼn informele nedersetting buite Mamre op wie ʼn onseker toekoms wag.

Die party het onlangs gehelp om alternatiewe behuising in die Noord-Kaap te vind vir een van die bejaarde inwoners wat nog aktief en selfversorgend is.

Die nedersetting, genoem Hek 6, is op die Silwerstroom/Mamre-pad naby Mamre en Atlantis aan die Kaapse Weskus. Daar woon sowat ʼn honderd mense van wie meer as die helfte bejaard is. Sommige, so oud as 87 jaar, se toestand is so swak dat hulle nie na hulself kan omsien nie.

Die VF Plus se voorstel is dat al die inwoners aansoek doen om op bestaande behuisingswaglyste geplaas te word.

Die party beywer hom ook daarvoor om in samewerking met maatskaplike werkers, geskikte, alternatiewe blyplek vir die senior burgers by tehuise vir sorgbehoewende bejaardes te vind.

Intussen werk die VF Plus ook saam met ander gemeenskapsorganisasies en owerheidsinstellings om die gemeenskap se lewensomstandighede te verbeter.


Kontaknommer: 072 195 6581

ErikaBothaRossouwStadKaapstadMamre

Het jy dit interessant gevind? Deel dit!