VF Plus vat hande met sakeman om Brakpan-kinderhuis te voorsien van gratis internet-toegang

2021-05-04
Jennifer Glover

Deur die inisiatief van die VF Plus-tak in Brakpan, het die East Rand Children’s Haven in Brakpan sedert gister gratis internet-toegang.

Die Brakpan-takbestuurslede, Rudolf Herbst (voorsitter), Marlize Herbst en Riaan Van Zyl, het die behoefte van ‘n internet-verbinding by die kinderhuis raakgesien en het daaroor in gesprek getree met mnr. Johann Viljoen, die eienaar van EA-IT, ‘n internet-diensverskaffer.

Mnr. Viljoen en sy span, bestaande uit Quintin Kruger en Bennie Viljoen, het hande gevat met die VF Plus en het besluit om die diens gratis aan die kinderhuis te verskaf.

Die ruim skenking sal nie net aan die kinders die geleentheid gee om deur middel van tegnologie nuwe wêrelde te ontdek nie, maar ook om skooltake te vergemaklik en kennis in te win.

Kinderhuise ontvang selde bykomende skenkings vanaf die regering en is aangewese op die privaatsektor vir skenkings om inwoners se lewensgehalte te verbeter.

Die VF Plus is dankbaar vir elke private inisiatief soos dié van EA-IT en wil daarom ander instansies aanmoedig om ook by kinderhuise betrokke te raak om so ‘n verskil in elke behoeftige kind se lewe te maak.

Instansies en/of persone wat ‘n bydrae wil lewer tot sulke inisiatiewe, kan die VF Plus se kantoor in Ekurhuleni kontak deur ʼn epos te stuur aan: oosrand@vfplus.org.za.


Navrae: 072 217 1951

JenniferGloverEkurhuleniMetroraadBrakpanEastRandChildrensHavenInternet

Het jy dit interessant gevind? Deel dit!