VF Plus verkla munisipale bestuurder van Port Alfred by MRK en Groen Skerpioene

2020-03-11
Bill Harington

Dit het onder die aandag van die VF Plus gekom dat personeel van die Ndlambe-munisipaliteit (Port Alfred) verlede week rou riool met die munisipale rioolverwyderingsvragmotor binne die dorpsgebied gestort het. Dié onaanvaarbare optrede is dadelik by die Groen Skerpioene en die Menseregtekommissie (MRK) aangemeld.

Die VF Plus het gevra dat die munisipale bestuurder verantwoordelik gehou moet word vir die voorval.

Die onaanvaarbare optrede van munisipale werkers stel die gesondheid van sowat 64 000 inwoners van die dorp in gevaar. Rioolbesoedeling kan lei tot siektes soos diarree en cholera wat lewensgevaarlik kan wees.

Die voorval is onaanvaarbaar en die VF Plus sal nie skroom om swak dienslewering deur munisipaliteite uit te wys en aan te dring op vervolging indien nodig nie.

Die VF Plus en die publiek moet deurentyd druk op munisipaliteite plaas om infrastruktuur in stand te hou en om rioleringsaanlegte en die werksaamhede rondom dit deeglik te monitor om onaanvaarbare gedrag stop te sit.

Die VF Plus tree op in belang van alle inwoners en verbind hom daartoe om dienslewering te herstel in die Oos-Kaap.


Kontaknommer: 072 582 3461

BillHaringtonRioolbesoedelingPortAlfred

Het jy dit interessant gevind? Deel dit!