VF Plus verwelkom forensiese verslag oor Lekwa se R1 miljard-verlies, maar vrae hang oor provinsie se tydsberekening met uitreiking daarvan

2020-07-13
Mnr. Werner Weber

Die VF Plus het gedokumenteerde forensiese ouditverslae ontvang wat onder meer aandui dat die munisipaliteit van Lekwa (Morgenzon, Standerton) 'n tekort van R1 miljard het weens onreëlmatige, vrugtelose, verkwistende en ongemagtigde uitgawes sedert 2012. 

Verdere kwessies wat kommer wek, is die herontplooiing van personeel ondanks verskeie oortredings van die Munisipale Finansiële Bestuurswet en ook ander ernstige vergrype.

Wat verder kommer wek, is dat die uitkomste van hierdie verslag in 2018 gedateer is, maar dat die Lekwa-raad eers verlede week die forensiese verslag ontvang het om te bespreek, wetende dat daar ernstige finansiële wanbestuur in die munisipaliteit is.

Die VF Plus is van mening dat die provinsiale regering in 2018 reeds moes optree en drastiese stappe geneem het om enige verdere en onnodige finansiële wanbestuur onmiddellik stop te sit.

Die VF Plus sal die speaker van die Mpumalanga-wetgewer vra oor die presiese datums waarop die forensiese ondersoek gelas is, wanneer dit afgehandel is en waarom daar nie vroeër stappe geneem is om verdere wanbestuur te verhinder nie.


Navrae: 084 652 9164 / 076 687 2830

 

WernerWeberMpumalangaLekwaStanderton

Het jy dit interessant gevind? Deel dit!