Mediaverklarings

Plaasmoord na veediefstal: Boere moet veiligheid voorop stel

2020-03-23
Rochelle Robbetze

Dit het onder die VF Plus se aandag gekom dat ʼn boer van Helpmekaar naby Dundee in KwaZulu-Natal verlede week vermoor is nadat daar glo vee van hom gesteel is op dieselfde dag.

Mnr. Collin Leslie Brits (65) van die plaas Criagmillar in die Elandskraal-omgewing is in sy plaashuis oorval en geskiet... Lees verder


Menseregtedag: Korona wys hoe belangrik dit is om saam te staan en mekaar te respekteer

2020-03-20
Dr Pieter Groenewald

Menseregtedag herinner die mense van Suid-Afrika daaraan dat almal in die land se menseregte gerespekteer moet word ongeag ras, geslag, geloof, ouderdom, taal of kultuur. Dit is belangrik dat almal dit besef en uitleef.

Daar kan nie sprake van menseregte wees wanneer een groep ‘n ander... Lees verder


VF Plus veroordeel plaasmoord in Limpopo

2020-03-20
Marcelle Maritz

Die jongste plaasaanval en -moord naby Mookgopong (Naboomspruit), Limpopo is ‘n duidelike bewys dat dié tipe misdaad tot ‘n prioriteitsmisdaad verklaar en as sulks hanteer moet word.

Mnr. Alwyn van Zyl (79) en sy vrou René, is in die vroeë oggendure deur ses... Lees verder


Miljoene rand verlore weens diefstal in regering se perlemoen-bergingsgeriewe

2020-03-19
Mnr. Piet Mey

Volgens die minister van omgewingsake, bosbou en visserye, Barbara Creecy, het R40 miljoen verlore gegaan weens die diefstal van perlemoen uit die regering se bergingsgeriewe. Sy het die inligting verskaf na aanleiding van ‘n vraag van die VF Plus. 

Van die 681 ton perlemoen waarop die... Lees verder


Korona: Staat moet ingryp en publiek en ondernemings help met tydelike skuldverligting

2020-03-19
Jaco Mulder

Die VF Plus versoek die minister van handel en nywerheid, Ebrahim Patel, om die magte tot sy beskikking ingevolge die huidige nasionale ramptoestand te gebruik om in oorleg met kredietverskaffers soos banke, ʼn sogenaamde terugbetalingsvakansie van vier tot ses maande aan persone en veral... Lees verder


VF Plus verwelkom verlaging van rentekoers, veral onder die wolk van korona

2020-03-19
Jaco Mulder

In die lig van die wurggreep waarin die korona-pandemie Suid-Afrika se ekonomie geplaas het en oor die ernstige krisis waarin die land se ekonomie reeds verkeer het, verwelkom die VF Plus die rentekoers-verlaging van een persentasiepunt wat die Reserwebank vandag aangekondig het.

Die verlaging... Lees verder


VF Plus versoek Rand West-munisipaliteit om begraafplase te onderhou

2020-03-19
Charles Brough

Die VF Plus het die Rand West-plaaslike munisipaliteit (Randfontein, Westonaria) versoek om dringend aandag te skenk aan die onderhoud van die Westonaria- en Greenhills-begraafplase ná die party oorval is met klagtes van bekommerde inwoners wat weens die terrein se toestand feitlik nie die... Lees verder


VF Plus dien klagte in by MRK en Groen Skerpioene oor rioolbesoedeling in Ellisras

2020-03-19
Marcelle Maritz

Die VF Plus het ‘n klag by die Menseregtekommissie (MRK) en Groen Skerpioene ingedien teen die Lephalale-plaaslike munisipaliteit (Ellisras) vir die storting van riool en besoedeling van die Mogol-rivier. Hierdie klag sal gevoeg word by die lys van klagte wat die VF Plus teen ander... Lees verder


Moord op egpaar in Bethal, Mpumalanga skok

2020-03-19
Mnr. Werner Weber

Die VF Plus spreek sy innige meegevoel uit met die naasbestaandes van dr. Hannes en mev. Ibel Beukes wat Woensdag 18 Maart 2020 vermoor gevind is in Bethal, Mpumalanga.

Dr. Beukes, ‘n afgetrede predikant en sy vrou, Ibel, is in die kattebak van hul motor naby Bethaldam gevind toe ‘n... Lees verder


VF Plus gaan Gauteng-wetgewer se veelparty-vrouekomitee versoek om saam te staan teen geweld teen vroue en kinders

2020-03-18
Me. Amanda de Lange

Die VF Plus gaan die Gautengse wetgewer se veelparty-vrouekomitee nader om misdrywe teen vroue en kinders te ondersoek en om in samewerking met ander organisasies, druk toe te pas vir swaarder strawwe en geen parool vir oortreders nie.

Verskeie rolspelers in die Suid-Afrikaanse vervolgings- en... Lees verder


« 1 2 3 4 5 ... 314 315 »