Mediaverklarings

Gautengse LUR vir Cogta se appél teen beslissing van Tshwane-administrasie is ‘n desperate poging tot die ondermyning van ‘n demokratiees verkose koalisieregering

2020-05-07
Adv Anton Alberts

Die VF Plus beskou die appèl wat die provinsiale ANC-regering in Gauteng gaan instel teen die tersydestelling van die administrasieproses van die Tshwane-metro, as niks anders nie as 'n desperate poging om die mag in die metro op 'n ondemokratiese wyse te bekom.

Die hofbeslissing van die... Lees verder


Lesufi se reaksie dat hy wil saamwerk met nie-regeringsorganisasies rakende voedselhulp is ‘n stap in die regte rigting

2020-05-07
Adv Anton Alberts

Luidens mediaberigte het Panyaza Lesufi, waarnemende Gautengse LUR vir maatskaplike ontwikkeling, aangedui dat die werk van nie-regeringsorganisasies onontbeerlik is en dat hy graag in gesprek wil tree om 'n middelgrond te vind.

Dit kom nadat die VF Plus in 'n skrywe aan premier David Makhura... Lees verder


Zithabiseni: VF Plus verwelkom hooggeregshof-uitspraak dat gerief gesluit moet word

2020-05-06
Philip van Staden

Die VF Plus verwelkom die uitspraak van die Noord-Gautengse hooggeregshof in Pretoria vandag dat die Zithabiseni-kwarantyngerief in Mpumalanga gesluit moet word en dat die meer as 100 mense in die vrygelaat moet word.

Hierdie uitspraak is ‘n bewys dat die kwarantyn-geriewe in Suid-Afrika wat ... Lees verder


Risiko van verspreiding van Covid-19 deur menslike ontlasting in water skep wesenlike gevaar

2020-05-06
Dr. Wynand Boshoff

Gebrekkige riool- en suiweringstelsels asook die storting van riool in waterbronne in verskeie provinsies in Suid-Afrika skep ʼn ysingswekkende risiko vir die verspreiding van Covid-19 aangesien die nasionale departement van gesondheid in ʼn dokument erken dat die virus deur menslike ontlasting... Lees verder


Mogale City-speaker belê spesiale raadsvergadering om salarisverhogings goed te keur terwyl behoeftiges honger ly

2020-05-06
Tjaart Steenkamp

Die VF Plus is geskok deur die optrede van die speaker van die Mogale City-plaaslike munisipaliteit (Krugersdorp, Magaliesburg, Muldersdrift), me. Noluthando Mangole, wat te midde van ʼn nasionale ramptoestand meer as 77 stadsraadslede en amptenare Donderdagoggend byeen wil bring om deel te neem aan ... Lees verder


Zithabiseni: Blaam word nou verskuif oor haglike toestande

2020-05-05
Philip van Staden

Die nasionale regering en die minister van openbare werke en infrastruktuur, Patricia de Lille, probeer nou die blaam vir haglike toestande van die Zithabiseni kwarantyn-gerief in Mpumalanga skuif na die provinsiale regering van Mpumalanga.

Dit het gister geblyk uit ʼn parlementêre... Lees verder


Geld uit infrastruktuurfonds vir skole vir Covid-19-benodigdhede gebruik – spoedige regstelling noodsaaklik

2020-05-05
Dr. Wynand Boshoff

Miljarde rande van die departement van basiese onderwys se infrastruktuurfonds is gebruik om noodsaaklikhede in die bestryding van Covid-19 aan te koop.

Dit blyk uit 'n opmerking van die direkteur-generaal van basiese onderwys, Hubert Mweli, tydens die gesamentlike sitting van die... Lees verder


Minister van finansies was volgens hom, self nie daarvan bewus dat ramphulp aan kleiner sake-ondernemings op ‘n rassegrondslag geskied nie

2020-05-05
Fanie du Toit

Die minister van finansies, Tito Mboweni, het vandag tydens ʼn gesamentlike vergadering van die staande en gekose komitees oor finansies erken dat hy nie daarvan bewus was dat ramphulp aan kleiner sake-ondernemings op ʼn rassegrondslag ingevolge Swart Ekonomiese Bemagtigings-voorskrifte (SEB) geskied ... Lees verder


Sol Plaatje-munisipaliteit (Kimberley en omstreke) se munisipale bestuurder dalk onwettig in sy pos

2020-05-05
Kobus van den Berg

Kimberley, provinsiale hoofstad van die Noord-Kaap, is na twee jaar steeds sonder 'n permanente munisipale bestuurder. Soos wat die VF Plus in die Sol Plaatje-munisipale raad gewaarsku het, word die mees onlangse poging om 'n waarnemende munisipale bestuurder aan te wys, binnekort in die hof... Lees verder


Rooi ligte flikker oor staat wat magsdronk word

2020-05-02
Dr Pieter Groenewald

Die ANC se poging om in sekere provinsies totale beheer uit te oefen oor alle voedselhulp en die verspreiding daarvan, is totaal onaanvaarbaar. Die regering wil hom nou die reg toe-eien om skenkers voor te skryf wie gehelp mag word met hul skenkings en wie nie.

Daar was in die laaste weke talle... Lees verder


« 1 2 ... 4 5 6 7 8 ... 325 326 »