Mediaverklarings

Riool vloei deur Wellington se strate

2021-03-16
Jaco Prins

Die VF Plus in die Drakenstein-plaaslike munisipaliteit (Gouda, Paarl, Saron, Wellington) is geskok oor hoe min dié munisipaliteit vir die plaaslike dorpe omgee. In Wellington het riool verlede week deur die strate begin vloei nadat pompe by die rioolaanleg gebreek het. Die riool beland... Lees verder


Wetsontwerp op Munisipale Strukture: ANC slaan nie ag op eie wetgewing nie

2021-03-16
Mnr. Michal Groenewald

(Debat in parlement)

Al is die bedoeling van ʼn wet goed, sal die Wetsontwerp op Munisipale Strukture steeds misluk aangesien die ANC wette bloot as riglyne beskou en dit daarom nie uitvoer nie.

Intussen is die verval van munisipaliteite besig om ʼn toenemende las op belastingbetalers te plaas waar ... Lees verder


Midvaal-munisipaliteit verarm bejaardes deur korting op eiendomsbelasting op te skort

2021-03-16
Corrie Pypers

Die Midvaal-plaaslike munisipaliteit (De Deur/Walkerville, Eikenhof, Meyerton, Vaal Marina) verarm bejaardes met ʼn besluit om 'n korting van R70 000 op eiendomswaardasies aan seniors op te hef.

Die VF Plus het aan die begin van 2020 die raad versoek om ʼn belastingkorting aan senior burgers op... Lees verder


Tswaiing-munisipaliteit jongste slagoffer van mislukte ANC-plaaslike regering met beslaglegging op roerende bates

2021-03-16
Die Redaksie

Die Tswaiing-plaaslike munisipaliteit wat Delareyville, Ottosdal en Sannieshof bedien, is die jongste slagoffer van die ANC se wanbestuur en korrupsie op plaaslike regeringsvlak.

Kontrakteurs het hofbevele bekom om op die munisipaliteit se roerende bates beslag te lê vir uitstaande skuld vir ... Lees verder


VF Plus verwelkom besluit van parlement om voort te gaan met proses om OB uit haar pos te verwyder

2021-03-16
Dr Corné Mulder

Die VF Plus verwelkom die besluit dat die parlement voortgaan met die proses om die openbare beskermer (OB), Busisiwe Mkhwebane, uit haar pos te verwyder.

Die kantoor van die OB beklee ’n kritiek-belangrike rol in Suid-Afrika aangesien dit die hoogste waghond is oor die regering.

... Lees verder

Gauteng se 2021/22-begroting gaan sinkende munisipaliteite nie red

2021-03-15
Me. Amanda de Lange

Die Gautengse LUR vir finansies, Nomantu Nkomo-Ralehoko, se teleurstellende 2021/22-begrotingstoespraak skiet ver tekort aan oplossings om brandpunte in die provinsie aan te spreek.

Die LUR se versuim om met oplossings vorendag te kom om kritieke probleme in die provinsie te behandel, is ‘n... Lees verder


VF Plus-Mpumalanga eis volledige ondersoek oor beskonke verkeersbeampte

2021-03-15
Mnr. Werner Weber

Video’s wat op sosiale media die rondte doen van ʼn duidelik beskonke verkeersbeampte, het die inwoners van Lydenburg in Mpumalanga warm onder die kraag.

Volgens eienaars en werknemers by die Swembad-winkelsentrum, was daar na bewering ook ander verkeersbeamptes wat in hul voertuie gesit en... Lees verder


VF Plus-ondersteuners vestig groentetuin by Brakpan-kinderhuis

2021-03-15
Jennifer Glover

‘n Groep VF Plus-ondersteuners het Saterdag gewapen met tuingereedskap by die East Rand Children Haven in Brakpan opgedaag en begin met die voorbereidings om ‘n groentetuin te vestig. Die dag is afgesluit met raakrugby.

Die kinderhuis huisves 20 kinders tussen die ouderdom van 2 tot 17 ... Lees verder


Minimumloon sal landbousektor vernietig

2021-03-14
Tammy Breedt

Die minister van arbeid se ondeurdagte verhoging van die minimumloon, veral met betrekking tot plaasarbeiders, gaan nie tot werkskepping of die verlaging van werkloosheid lei nie. Die teenoorgestelde gaan gebeur.

Die vraag wat die ANC-regering nie verstaan nie, is nie óf boere die... Lees verder


ANC stem teen aanspreeklikheid en deursigtigheid in Mpumalanga-wetgewer

2021-03-12
Mnr. Werner Weber

Die ANC in die Mpumalanga-wetgewer het gister gestem teen ‘n mosie sonder kennisgewing van die VF Plus, dat die provinsiale departement van landbou, landelike ontwikkeling, grond en omgewingsake, gedwing moet word om vrae so ver terug as Maart 2020 te beantwoord.

Die VF Plus het etlike... Lees verder


« 1 2 ... 5 6 7 8 9 ... 406 407 »