"Dit is onaanvaarbaar dat eerbare betalers ly onder die werk van oneerlike persone wat krag steel en dié wetteloosheid kan nie langer toegelaat word nie. Munisipaliteite moet ook strenger optree en toesien dat mense wat krag ontvang, daarvoor betaal," sê Michal Groenewald, VF Plus-LP en hoofwoordvoerder van samewerkende regering.
"Adjunkpresident David Mabuza het dié antwoord vandag verskaf op ʼn vraag van die VF Plus oor wat die regering doen om die probleem van grootskaalse kragdiefstal deur onwettige aansluitings, te verminder.
"Die antwoord van die adjunkpresident klink goed, maar die VF Plus is skepties oor die uitvoering daarvan aangesien daar oor 26 jaar niks aan die probleem gedoen is nie.
"Beurtkrag dien as bewys hiervoor. Adjunkpresident Mabuza is nogtans nou op rekord oor optrede rakende die kwessie en die VF Plus sal hom opneem daaroor," sê Groenewald.