Die VF Plus-Jeug is dankbaar dat klein Amy-Lee de Jager veilig terug is by haar ouerhuis en versoek die polisie om hul soektog na haar ontvoerders te verskerp.
"Hierdie voorval dien opnuut as bewys hoe effektief sosiale media in ‘n noodsituasie gebruik kan word in ‘n omgewing waar mense omgee. Die hartseer en vrees wat Amy-Lee en haar ouers beleef het, kan nie in woorde beskryf word nie," sê Jean Kriek, VF Plus-provinsiale jeugleier in Gauteng.
"‘n Beroep word op ouers en skole gedoen om veiligheidsmaatreëls te verskerp om so te help dat elke kind in Suid-Afrika veilig is," sê Kriek.