Nuutste Nuus

Goeie en slegte nuus in begroting, maar geld word steeds vermors op bodemlose putte soos die SAL en die padongelukkefonds

2020-02-26
Die Redaksie

"Die VF Plus verwelkom die aankondiging van die minister van finansies, Tito Mboweni, dat daar wel verligting vir belastingbetalers gaan wees, veral met betrekking tot die verandering in die inkomste-skale van persoonlike inkomstebelasting," sê dr. Pieter Groenewald, VF Plus-leier in reaksie... Lees verder


Wet oor gesondheidsinstituut is goed op papier, maar VF Plus het bedenkinge oor sommige aspekte

2020-02-25
Die Redaksie

"Die Wetsontwerp op die Nasionale Openbare Gesondheidinstituut van Suid-Afrika hou groot voordele in, maar die VF Plus het bedenkinge oor verskeie aspekte soos die feit dat die minister die instituut se raadlede self kan aanstel," sê Philip van Staden, VF Plus-LP en hoofwoordvoerder van... Lees verder


Pollution in Moqhaka in the Free State: Concentration camp cemetery submerged in sewage

2020-02-25
Die Redaksie

The pollution at the Moqhaka Local Municipality (Kroonstad, Renovaal, Steynsrus, Vierfontein, Viljoenskroon) in the Free State has become so serious that the local memorial Anglo-Boer War concentration camp in Kroonstad, in particular the cemetery, is submerged in sewage.

In addition, the Vals... Lees verder


VF Plus doen opnuut ‘n beroep op regering om transformasie en Swart Ekonomiese Bemagtiging (SEB) uit wetgewing te verwyder

2020-02-25
Die Redaksie

"Die VF Plus het vandag in die debat oor die wysigingswetsontwerp oor wetenskap en tegnologie opnuut sterk standpunt ingeneem teen transformasie en Swart Ekonomiese Bemagtiging (SEB) en daarop aangedring om dit uit  bestaande wetgewing te verwyder," sê Wynand Boshoff, VF Plus-LP en... Lees verder


Internasionale Moedertaaldag: Taal as onderrigmedium het ook politieke spierkrag nodig

2020-02-21
Die Redaksie

"Die VF Plus verwelkom die internasionale aandag op die belang van moedertale tydens vandag se gedenkdag hieroor, gegewe die werklike aanslag op Afrikaans op vele terreine – van die taal se opvoedings- en akademiese rol tot sy amptelike rol as gebruikstaal in plekke soos wetgewers en howe.... Lees verder


VF Plus bekommerd oor doeltreffendheid van maatreëls om bek-en-klouseer in Limpopo te bekamp

2020-02-20
Die Redaksie

"Die VF Plus het vandag tydens ‘n vergadering van Limpopo se wetgewerskomitee vir landbou, sy kommer uitgespreek oor die doeltreffendheid van die maatreëls wat in plek is vir die bekamping van bek-en-klouseer in die provinsie," sê Marcelle Maritz, VF Plus-LPW en provinsiale leier... Lees verder


Staatsrede 2020 ‘n tragiese refleksie van gebrek aan verantwoordbaarheid en leierskap in die regering

2020-02-19
Die Redaksie

"President Cyril Ramaphosa se staatsrede was vir die meeste Suid-Afrikaners ʼn groot teleurstelling en het ʼn tragiese refleksie gebied op die gebrek aan respek, verantwoordbaarheid, waardigheid en leierskap wat vaardig is in veral die regerende ANC-party en die EFF," sê Fanie du Toit, VF... Lees verder


VF Plus vra optrede nadat OG-verslag wys op ernstige vergrype by departement van samewerkende regering

2020-02-19
Die Redaksie

"Die Ouditeur-Generaal (OG) het pas ʼn ouditmening uitgespreek en ʼn verdoemende verslag uitgereik wat dui op groot ongerymdhede by die departement van samewerkende regering se maatskaplike werkers-indiensnemingsprogram en die VF Plus sal vra dat die Valke ondersoek instel," sê Michal... Lees verder


Delportshoop-plaasaanval: Moenie dink jy is veilig in eie huis nie

2020-02-19
Die Redaksie

"Die VF Plus het met skok kennis geneem van die plaasaanval op die Hattingh-egpaar van 'n plaas naby Delportshoop in die Noord-Kaap," sê Wynand Boshoff, VF Plus-LP en provinsiale leier in die Noord-Kaap.

"Die bejaarde, invalide man en sy vrou is volgens berig oorrompel deur mense wat beweer... Lees verder


Realiteit oor ekonomie wys Ramaphosa faal Suid-Afrika

2020-02-18
Die Redaksie

"Twee jaar gelede met die aanvang van sy ampstermyn as president van Suid-Afrika, het pres. Cyril Ramaphosa beleidshervorming, ekonomiese groei en werkskepping beloof. Dit is die kern van die land se probleme. Die realiteit wys egter dat die land in hierdie tyd net agteruit gegaan het," sê... Lees verder


« 1 ... 3 4 5 6 7 ... 115 116 »