Post Covid-19

Neem beheer oor jou toekoms 

Covid-19 se onafwendbare invloed op die toekoms

Die humanitêre krisis wat die Covid-19-pandemie veroorsaak, hou beduidende gevolge in vir sakebedrywighede in die algemeen en werkverliese is onafwendbaar. 

Internasionale-, sowel as Suid-Afrikaanse handel, die globale voorsieningsnetwerk en toerisme, is feitlik reeds tot stilstand gedwing en plaas die wêreld-ekonomie onder groot druk.

Die komplekse samestelling van die internasionale voorsieningsnetwerk bring mee dat ondernemings baie afhanklik geraak het van Chinese produkte sonder om werklik bewus te wees daarvan.

’n Nuwe blik op globalisering

Die vinnige verspreiding van die koronavirus is moontlik gemaak deur die totale interafhanklikheid van en verkeer tussen lande. Suid-Afrikaanse ondernemings wat hul markte ontwikkel het op grond van die internasionale voorsieningsnetwerk, sal gereed moet wees om dringend te reageer op die kwesbaarheid wat hierdie interafhanklikheid meebring, veral met ‘n swak rand wat die pryse van invoer laat styg.

Vrye handel tussen lande en interafhanklikheid word benadeel en die sluiting van grense laat  leemtes ontstaan

Moontlike aksies mag ‘n nuwe uitkyk na noodsaaklike produkte en verskaffers vereis, ‘n dringende aksieplan, die oorweging van finansiële-en regsimplikasies, kommunikasie en deeglike scenario-analise.

Dit is dus nou noodsaaklik dat sakelui nuut en innoverend moet dink en indringend herbesin oor Suid-Afrika se sake-en handelstoekoms.

 

Dit is tyd dat ‘n volhoubare handels- en sakeklimaat geskep word wat toeganklik is vir almal, dat plaaslike kundigheid aangewend word en nuwe vaardighede ontwikkel word.

 

Plaaslike- en gemeenskapsekonomieë moet ondersteun en ontwikkel word teenoor die sentralistiese handel- en sake-omgewing wat tot nou vaardig was.

 

Die tyd het aangebreek dat ‘n sakeklimaat geskep word sonder belemmering van rassediskriminasie, staatskaping, swak regering en korrupsie. Daar moet ‘n moratorium geplaas word op regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging soos wat die regering dit tot nou toegepas het.

 

U inset is noodsaaklik vir ‘n nuwe toekoms

  • Laat weet die VF Plus in watter marksegment u sake doen.
  • Dryf u handel as eenmansaak of as regspersoon?
  • Laat u stem hoor oor hoe u die sake- en handelstoekoms van Suid Afrika sien.
  • Vertel ons wat u omstandighede is en hoe u voorstel ‘n beter klimaat vir sake in die tyd na Covid-19 tyd geskep kan word.

 

Stuur u voorstelle na postC19@vfplus.org.za

  

Die VF Plus het u insette nodig en wil dit onder die aandag van die minister van handel en nywerheid en mededinging en al die relevante regeringsdepartement en agentskappe bring om ‘n gunstige post Covid-19-sakeklimaat te vestig wat deur die regering ondersteun word.    

 


Het jy dit interessant gevind? Deel dit!